Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Naspers-hoof se salaris styg ná goeie jaar
Bob van Dijk, uitvoerende hoof van Naspers.Foto: Elvira Wood

Bob van Dijk, uitvoerende hoof van Naspers, het ’n totale vergoedingspakket van net minder as $12,9 miljoen vir die jaar tot einde Maart verdien, volgens die maatskappy se jaarverslag, wat Vrydag uitgereik is.

Teen ’n wisselkoers van R13,85 kom dit neer op ’n totale pakket van nagenoeg R179 miljoen.

Sy basiese salaris het nagenoeg $1,26 miljoen beloop. Teen dieselfde wisselkoers beloop dit R17,45 miljoen vir die jaar, oftewel R1,45 miljoen per maand.

Van Dijk se vergoedingspakket bestaan uit:

  • ’n Basiese salaris van $1,259 miljoen,
  • $85 000 vir pensioen,
  • $66 000 se voordele,
  • $1,108 miljoen se korttermynaansporings, en
  • $10,368 miljoen se langtermynaansporings.

Van Dijk se totale vergoeding vergeleke met die vorige boekjaar is 5,8% hoër.

Vir vanjaar het Naspers se direksie ’n 10%-verhoging in sy basiese salaris tot $1,388 miljoen goedgekeur. Dit sluit alle ander voordele uit.

Die maatskappy sê Van Dijk se verhoging kom ná sy persoonlike prestasies, wat insluit sy bydrae tot die suksesvolle ontknoping en notering van MultiChoice en die verkoop van Naspers se belang in Flipkart vir ’n enorme wins.

Die verhoging word ook geregverdig gegewe die maatskappy se finansiële prestasie, en om Van Dijk se salaris mededingend te hou relatief tot maatstawwe in die wêreldwye tegnologiesektor.

Basil Sgourdos, Naspers se finansiële hoof, se totale vergoedingspakket het in die boekjaar tot einde Maart $7,475 miljoen beloop. Teen dieselfde wisselkoers van R13,85 teenoor die dollar is dit net meer as R103,5 miljoen. Sy basiese salaris kom neer op net meer as R1,03 miljoen per maand.

Sgourdos se vergoedingspakket bestaan uit:

  • ’n Basiese salaris van $897 000,
  • $85 000 vir pensioen,
  • $27 000 se voordele
  • $1,006 miljoen se korttermynaansporings, en
  • $5,460 miljoen in langtermynaansporings.

Sgourdos het in die 2019-boekjaar ’n verhoging van meer as 100% ontvang, grootliks danksy die vestiging van langtermynaansporings, wat van $1,954 miljoen tot $5,460 miljoen toegeneem het.

Sy basiese salaris het in die nuwe boekjaar met 6% tot $1,069 miljoen gestyg. Dit kom neer op R14,8 miljoen, oftewel R1,23 miljoen per maand.

Koos Bekker, voorsitter van Naspers se direksie, het luidens die jaarverslag $575 000 in die afgelope boekjaar verdien.

Dit is sowat R8 miljoen teen die huidige wisselkoers.

  • Netwerk24 is deel van Media24, ’n filiaal van Naspers.
Meer oor:  Naspers  |  Bob Van Dijk  |  Salaris  |  Vergoeding  |  Maatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.