Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Naspers lyk beter ná goeie nuus uit China
Tencent se hoofkantoor is in Shenzhen, China. Foto: Reuters

Naspers én Prosus se aandeelpryse het Woensdag begin verbeter nadat Tencent skitterende syfers vir die tweede kwartaal aangekondig het.

Die Chinese tegnologiemaatskappy se wins is 37% hoër op ’n kwartaalgrondslag en het ontleders se stoutste verwagtinge oortref.

Tencent, die wêreld se grootste vervaardiger van videospeletjies, se wins beloop $4,76 miljard vir die kwartaal onder oorsig.

Ontleders het gehoop op minstens $3,97 miljard, volgens data van Refinitiv.

Inkomste is eweneens 29% hoër op $16,55 miljard, teenoor die mark se verwagting van $16,25 miljard.

Die goeie nuus het Naspers en Prosus se aandeelpryse Woensdag met onderskeidelik 1,64% en 2,42% laat styg.

Naspers besit deur Prosus ’n belang van 31% in Tencent.

Al drie dié maatskappye se aandeelpryse het verlede week geval toe Amerika se pres. Donald Trump aangekondig het hy beplan om WeChat, Tencent se gewilde klets- en betaalplatform, in Amerika te verbied.

Die verbod is deel van toenemende wrywing tussen Amerikaanse wetgewers en China, wat beleggers in Chinese ondernemings steeds onrustig laat.

LEES OOK: Naspers, Tencent val ver na Trump verbod instel

Woensdag se herstel in Naspers en Prosus se aandeelpryse was egter nie genoeg om verlede week se verliese uit te wis nie. Naspers verhandel steeds 3% laer as voor Trump se aankondiging, terwyl Prosus steeds 3,2% laer is.

Tencent se aandeelprys het kort ná dié aankondiging met soveel as 10% getuimel en $34,6 miljard van sy markwaarde is oombliklik uitgewis.

Sy aandeelprys was Woensdagmiddag 1,36% hoër op HKD520 (sowat R1 175).

Naspers het terselfdertyd teen R3 119,68 verhandel en Prosus teen R1 689,85.

  • Netwerk24 is ’n produk van Media24, ’n volfiliaal van Naspers.
Meer oor:  Prosus  |  Naspers  |  Tencent  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.