Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Naspers maak nóg ’n ruim plaaslike belegging
Naspers het in Food Supply Network, die plaaslike verskaffer van logistieke dienste vir die restaurant- en hotelbedryf, belê. Foto: Unsplash

Naspers het sy derde groot plaaslike belegging gemaak, dié keer in Food Supply Network (FSN), ’n verskaffer van logistiekdienste in die restaurant-, kleinhandel- en hotelbedryf.

Die belegging is deur Naspers Foundry, ’n spesiale beleggingsfonds van Naspers, gemaak.

Naspers het nie aangekondig hoeveel hy in FSN belê het nie.

FSN se platform staan sentraal tussen verskaffers, verspreiders en kopers van verskillende kosprodukte vir lewering aan restaurante, hotelle en supermarkte.

Dit verbind kopers met verskaffers en hanteer ook die logistiek van aflewering en betalings.

Dit is Naspers se derde belegging in ’n plaaslike maatskappy wat ’n spesifieke probleem met tegnologie oplos.

Sy vorige beleggings was R30 miljoen in SweepSouth en R100 miljoen in Aerobotics.

Dit is die eerste keer dat Naspers nie wil verklap hoeveel hy in ’n onderneming belê nie.

Naspers is reeds ’n geruime tyd bedrywig op die gebied van kosaflewering en het reeds etlike miljarde rande in verskeie ondernemings wêreldwyd belê.

Op eie bodem besit Naspers ook die meerderheidsaandeel in Takealot, Suid-Afrika se grootste e-handelaar, en Mr D Food, ’n plaaslike kosafleweraar wat aan Takealot behoort.

“Die belegging in FSN is ’n wonderlike toevoeging tot ons bestaande portefeulje van vroeë beleggings in tegnologiemaatskappye,” sê Fabian Whate, hoof van Naspers Foundry.

“Ons sien uit daarna om die span by FSN by te staan en te help sodat hul onderneming nóg groei.”

Afgesien van Suid-Afrika is FSN reeds bedrywig in Namibië en Zambië met planne om eersdaags na Angola uit te brei.

Naspers het die Naspers Foundry einde 2018 aangekondig. Dié fonds bewillig R1,4 miljard in beleggings in plaaslike beginnerondernemings in die tegnologiebedryf.

  • Netwerk24 is deel van Media24, ’n filiaal van Naspers.
Meer oor:  Food Supply Network  |  Naspers Foundry  |  Naspers  |  Tegnologie  |  Belegging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.