Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Naspers ‘nie van enige regsaksie bewus’
Naspers ontken die daling in sy aandeelprys Vrydag het te doen met die ANN7-kwessie.

Naspers het in reaksie gesê hy dra kennis van die verklaring van die Amerikaanse regsfirma Pomerantz dat hy namens beleggers 'n ondersoek na MultiChoice se hantering van die ANN7-kontrak doen.

Lees hier die berig wat daaroor geskryf is. 

“Ons verstaan die tipe verklaring is nie ongewoon in Amerika ná aankondigings wat met genoteerde ondernemings verband hou nie. Dit beteken nie enige regsgedinge is onderweg of gaan gebeur nie, en ons is nie van enige regsaksie van enige van ons beleggers ingelig nie.”

Naspers het oor die bewering deur die regsfirma dat sy aandeelprys geval het ná die aankondiging Vrydag gesê daar was ’n regstelling in tegnologie-aandele rondom die tyd waarna verwys word.

Die maatskappy het weer sy siening oor die onlangse bewerings beklemtoon.

In reaksie tot die bewerings in die media teen MultiChoice, het Naspers deurgaans gesê:

1. Die bewerings oor MultiChoice word ernstig opgeneem.

2. MultiChoice Suid-Afrika het baie minderheidsaandeelhouers en die verantwoordelikheid om die saak aan te pak lê by die direksie van MultiChoice Suid-Afrika. Daarom het die direksie sy oudit- en risikokomitee opdrag gegee om te bepaal of daar enige korporatiewebetuursprobleme was ten opsigte van die ANN7-kwessie. Die komitee sal aan die direksie terugvoer gee.

3. Naspers het vertroue in MultiChoice Suid-Afrika se direksie se hantering van die saak.

4. Naspers sal bevestig of die direksie die saak voldoende aangepak het.

Meer oor:  Ann7  |  Naspers  |  Multichoice  |  Korrupsie  |  Staatskaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.