Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Naspers: ‘Ons verstaan die frustrasie oor Guptas'

Dit is nie wys om twee weke voor die ANC se nasionale kongres ’n nuuskanaal van die lug te haal wat bydra tot politieke debat nie.

Dít is een van die opmerkings in ’n omvattende verklaring wat Naspers se direksie Vrydagoggend uitgereik het. Die direksie doen ook ’n beroep op mense om MultiChoice die geleentheid te gee om die omstredenheid ten opsigte van sy kontrak met ANN7 te ondersoek.

Hier is die volledige, ongeredigeerde verklaring (dis wel uit Engels vertaal). Die oorspronklike Engelse verklaring is onderaan die berig.

    

Koos Bekker, voorsitter van Naspers se direksie. Foto: Lerato Maduna

Daar blyk volgehoue druk (baiting) op Naspers se direksie te wees om in te gryp in die sake van MultiChoice.

Hoewel van die beriggewing ongetwyfeld aangedryf word deur ’n eerbare wens om korrupsie aan die kaak te stel, is baie daarvan duidelik daarop gemik om druk op Naspers te plaas om MultiChoice te dwing om die nuuskanaal ANN7 van die lug te haal.

Die kanaal word nou verbind met die Gupta-familie en, gegewe die onlangse blootlê van korrupsie waarby hulle betrek word, is die gevoel dat dit ontoepaslik is dat hulle ’n stem op televisie het en dat MultiChoice dit fasiliteer.

’n Wye verskeidenheid vraagstukke, klagtes en bewerings is onlangs gemaak.

Enkele notas daaroor:

Van die bewerings is ooglopend vals of selfs kwaadwillig, soos berigte dat die Guptas ’n belang in Takealot het.

Of dat die openbare vergadering van topbestuurders van MultiChoice en die SAUK om oor satellliet- en digitale aardgebonde televisiekanale (DTT) te praat – ’n vergadering wat die SAUK aangevra het – op die een of ander manier in die geheim en onwettig was.

Ons verstaan die frustrasie wat party mense voel dat ’n kanaal wat met korrupsie geassosieer word, steeds uitgesaai word.

Gee ons meer tyd

Oor van die bewerings is meer tyd nodig om dit deurdringend na te gaan.

Ons bedryf ondernemings in 120 lande en moet die outonomie van ons bedryfsmaatskappye respekteer waar hulle afsonderlike, onafhanklike direksies het, sowel as vennote of ander aandeelhouers. Die verantwoordelikheid om die bewerings te pak, lê by die MultiChoice-direksie. Ons het vertroue in hulle om die probleem te hanteer deur hul korporatiewebeheer-prosedures te volg.

Naspers is verbind tot sterk korporatiewe beheer en vereis dieselfde van sy filiale. Uiteraard, as hulle dit gedoen het, sal hulle weer aan die Naspers-direksie en die publiek verslag doen.

Die suggestie van Yunus Carrim, voormalige minister van kommunikasie, dat Koos Bekker (nie-uitvoerende voorsitter van Naspers) een keer met hom vergader het oor kodering (van seinverwerkers vir DTT), is heeltemal waar.

Bob van Dijk, uitvoerende hoof van Naspers.

Hier is die feite: Die vergadering het in Pretoria plaasgevind en is vir die volle duur daarvan ook deur Pravin Gordhan (toe minister van finansies), vir wie ons groot respek het, bygewoon. Gordhan kan ook getuig oor die inhoud van die vergadering en of enige Gupta-verwante of enige ander onwettige vraagstuk bespreek is.

Vir die rekord, nóg Ton Vosloo, voormalige voorsitter van Naspers, nóg Koos Bekker, huidige voorsitter, nóg Bob van Dijk, uitvoerende hoof, het so ver hulle kan onthou al in enige land met enige lid van die Gupta-familie vergader behalwe op openbare funksies; het nooit enigiets met hulle bespreek nie; en het nooit enige geskrewe kommunikasie of ’n enkele foonoproep van hulle ontvang nie.

Ons verstaan die frustrasie wat party mense voel dat ’n kanaal wat met korrupsie geassosieer word, steeds uitgesaai word. Maar die aard van ’n satellietplatform is om die grootste aantal en die mees diverse stemme te bied waaruit die publiek kan kies. Die publiek besluit wat hulle kyk.

Mediavryheid en diversiteit is waardes wat werd is om te beskerm in ’n ope demokrasie.

Ons dink nie dis wys om ’n kanaal te beëindig wat deelneem aan die debat oor ANC-opvolging skaars twee weke voor die verkiesingskongres nie.

Ten slotte, dus, hoewel ons die frustrasie verstaan, wil ons ook aan die hand doen dat verdere aanporring van Naspers om MultiChoice in hierdie saak te oorheers, nie bevorderlik vir ’n ope demokrasie is nie.

Meer oor:  Naspers  |  Multichoice  |  Guptas  |  Bob Van Dijk  |  Yunus Carrim  |  Koos Bekker  |  Staatskaping  |  Betaaltelevisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.