Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Naspers: Reserwebank het reeds ‘ja’ gesê

Die Reserwebank het reeds goedkeuring gegee vir die notering van ’n nuwe Naspers-beheerde maatskappy in Amsterdam, het Basil Sgourdos, finansiële hoof, Maandagmiddag gesê.

Die Reserwebank se hoofkantoor in Pretoria.

Dit beteken een van die grootste struikelblokke vir Naspers se beoogde notering van sy buitelandse belange is uit die weg geruim.

Die nuwe maatskappy gaan Naspers se markwaarde op die JSE met nagenoeg ’n kwart verminder, maar die nuwe maatskappy, vir eers net as NewCo bekend, gaan ’n inwaartse notering op die JSE kry.

Die JSE het ook reeds die transaksie goedgekeur, het Sgourdos gesê.

Aandeelhouers moet dit nog goedkeur, maar gegewe die stemreg wat die direkteure en topbestuurders van Naspers het, sal dit na verwagting nie ’n groot probleem wees nie.

Bob van Dijk, uitvoerende hoof, het op ’n konferensie-oproep met beleggers gesê die maatskappy gaan so vinnig beweeg as wat redelik is om die transaksie deur te voer. Die verwagting is dat die notering in die tweede helfte van die jaar sal plaasvind.

Sgourdos sê die Reserwebank se voorwaardes sluit die inwaartse notering op die JSE in. Naspers moet ook in beheer bly van die internasionale bate.

Sgourdos sê die goedkeuring is gegee gegrond daarop dat geld nie regtig met die transaksie landuit vloei nie.

newco
Meer oor:  Naspers  |  Basil Sgourdos  |  Internet  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.