Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Naspers sê A-aandele beskerm hom
Koos Bekker, voorsitter van Naspers se direksie.

Die beheerstruktuur van Naspers se A-aandele is ingestel om ’n vyandige oorname te keer en dié aandele het nie ekonomiese waarde nie.

Só het Koos Bekker, voorsitter, op die internet-en-betaaltelevisiegroep se jaarvergadering verduidelik.

Dié beheerstruktuur is in 1994 met Naspers se notering op die JSE ingestel, maar kom veral tans goed te pas weens die hoogs mededingende internasionale omgewing waarin Naspers hom nou bevind.

Bekker verduidelik waar Naspers in nuwe lande sake wil doen sal die reguleerders nie ’n lisensie aan hom toestaan as die maatskappy die volgende dag deur Google oorgeneem kan word nie. Plaaslike vennote en reguleerders soek stabiliteit.

Volgens Bekker het Naspers se groot mededinger in aanlyn geklassifiseerde advertensies, die Skandinawiese groep Schibsted, ’n soortgelyke beheerstruktuur om oornames te keer. Ook die internetreuse Google en Alibaba het sulke strukture.

Vir ’n maatskappy met so ’n enorme likiditeit in aandeleverhandeling is ’n moontlike vyandige oorname ’n groot risiko.

Kredietgradering

Oor die kredietgraderingsagentskap Standard & Poor’s se besluit Donderdag om sy vooruitsig vir Naspers se kredietgradering na negatief af te skuif, het Basil Sgourdos, finansiële direkteur van Naspers, gesê dit sal ’n beperkte impak op Naspers hê as hy ooit wel afgegradeer word.

Ons bevorder volhou-baarheid deur ’n gebruikte-goedere-ekonomie op mobiele toestelle te skep, een wat die wêreld groener agterlaat vir die volgende geslag.
Alec Oxenford

Die groep se netto skuld is relatief laag, en dit behoort nie sy koste van kapitaal te raak nie.

Videovermaak

Bekker het toegegee sy videovermaak-afdeling is geraak deur dalende grondstofpryse wat geldeenhede in Afrika verswak het. Betaaltelevisie-sake in Angola en Nigerië het swaar getrek die afgelope jaar en die groep moes sommige pryse verlaag om lojale kliënte te probeer behou.

Op ’n vraag van ’n aandeelhouer het Imtiaz Patel, hoof van MuhltiChoice, Naspers se betaaltelevisie-afdeling, gesê die groep gaan beslis in die komende jare meer bestee om plaaslike inhoud vir veral sy Afrika-televisiekanale te ontwikkel.

Letgo

Alec Oxenford, medestigter van OLX, die hoof-handelsmerk van Naspers se aanlyn geklassifiseerde advertensies, het op die jaarvergadering vertel van die snelle groei van letgo, ’n nuwe mobiele aanlyn-advertensiediens in Amerika. Oxenford sê letgo fokus op die sogenaamde Millennials – jong mense van 18 tot 29 van wie 86% ’n slimfoon het.

In die laaste drie maande alleen is 500 miljoen boodskappe op letgo gestuur.

Oxenford sê hul visie met letgo is om ’n wêreld te help bou waar niks ongebruik gelaat word nie, deur die skep van ’n platform om tweedehandse goedere vinnig en maklik te verkoop.

“Ons bevorder volhoubaarheid deur ’n gebruiktegoedere-ekonomie op mobiele toestelle te skep, een wat die wêreld groener agterlaat vir die volgende geslag.”

* Netwerk24 is ’n produk van Media24, die Suid-Afrikaanse mediafiliaal van Naspers.

Meer oor:  Olx  |  Naspers  |  Multichoice  |  Bob Van Dijk  |  Koos Bekker  |  Internet  |  Dstv  |  E-Handel  |  Betaaltelevisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.