Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Naspers se PayU brei nóg uit
PayU het ’n meerderheidsaandeel in Red Dot Payments bekom. Foto: iStock/PayU

Die Suid-Afrikaanse betalingsplatform PayU, ’n volfiliaal van Naspers, het sy vlerke na Suidoos-Asië gesprei.

PayU, wat die afgelope boekjaar meer as 920 miljoen transaksies ter waarde van $30 miljard uitgevoer het, besit nou ’n meerderheidsaandeel in Red Dot Payment.

Dié betalingsplatform bied soortgelyke dienste as PayU in die Suid-Asiatiese mark.

Dit is reeds die grootste betalingsplatform in Singapoer, waar dit ook gebaseer is.

Red Dot Payment geniet ook ’n noemenswaardige markaandeel in aanlyn betalings in ander Asiatiese lande, waaronder Thailand en Indonesië. Dit bied lewer dienste in meer as 20 lande.

PayU is self die markleier in minstens 18 lande waar dit sake doen, insluitende Suid-Afrika en verskeie lande in Suid-Amerika en sentraal Europa.

PayU se verkryging van ’n meerderheidsaandeel in Red Dot Payment bring dié maatskappy se waardasie op $65 miljoen te staan.

Dit is nie bekend hoeveel PayU vir sy meerderheidsaandeel betaal het nie. Naas Red Dot Payment se stigter, Randy Tan, is PayU nou die enigste aandeelhouer in die maatskappy.

Red Dot Payment gaan steeds onder dieselfde naam aanhou sake doen, hoewel die twee maatskappye se betaalstelsels gaan integreer.

PayU het reeds meer as $700 miljoen oor die laaste drie jaar op die verkryging van en beleggings in ander tegnologiemaatskappye bestee.

Hoewel PayU wêreldwyd sake doen, is sy hoofkantoor steeds in die Kaapse hawegebied, ’n klipgooi ver van Naspers s’n in die Media24-sentrum.

Naspers se inkomste verdien uit betalingsdienste het in die afgelope boekjaar met 22% tot $360 miljoen toegeneem.

  • Netwerk24 is deel van Media24, nes PayU ’n filiaal van Naspers.
Meer oor:  Naspers  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.