Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Naspers sê plan vir notering skep reeds waarde

Die volgende golf van groei vir Naspers is in markte waar tegnologie bestaande bedrywe ontwrig, sê Bob van Dijk, uitvoerende hoof van Naspers.

Bob van Dijk, uitvoerende hoof van Naspers.

Volgens hom was die afgelope boekjaar die mees veranderende tyd by die maatskappy sedert hy by Naspers aangesluit het.

Sedert die nuus oor die beoogde notering van sy internasionale internetbelange genaamd Prosus op die Euronext-beurs in Amsterdam, het die diskonto op die waardasie van dié deel van die onderneming met tien persentasiepunte gekrimp, het Van Dijk Maandag op ’n telekonferensie met ontleders oor Naspers se resultate vir die boekjaar tot einde Maart gesê.

Die diskonto, oftewel waardasiegaping, is die verskil tussen die waarde van Naspers se internetbelange - insluitend sy 32%-belang in Tencent - en die maatskappy se markwaarde.

Naspers se geklassifiseerde-advertensie-bedrywighede het ’n wye internasionale voetspoor en hy is die leier in baie lande. “Ons begin klein, bou dan die ondernemings op en namate dit ’n vastrapplek in kernmarkte kry, begin die waarde van die ondernemings groei.”

Dieselfde gebeur met Naspers se beleggings in finansiële tegnologie, soos die betaaldiens PayU.

Aanlyn kosaflewering is volgens Van Dijk nou nog in sy kinderskoene, maar dit het al verander na iets meer as net om restaurante met hul kliënte te verbind. Dit gaan volgens hom ook bydra tot gesonder eetgewoontes en minder kos wat vermors word.

Ons wil belê om die kosbedryf te ontwrig. Die bedryf het die mag om die maniere te verander waarop kos voorberei en afgelewer word.
Bob van Dijk van Naspers

Kos verteenwoordig byna 10% van die wêreld se bruto binnelandse produk, en Naspers se aanlyn kosaflewering dek al meer as 60% van die wêreld se bevolking.

“Ons wil belê om die kosbedryf te ontwrig. Die bedryf het die mag om die maniere te verander waarop kos voorberei en afgelewer word.”

Dié sakemodelle sal lei tot beter logistiek en goedkoper kos, tot voordeel van verbruikers.

By iFood, een van Naspers se kosaflewering-beleggings, is daar reeds 66 000 restaurantvennote en is dit betrokke in 500 stede in elke staat van Brasilië. In Maart vanjaar het iFood 17,4 miljoen bestellings verwerk.

Oor die notering van Prosus in Amsterdam het Van Dijk verduidelik Naspers het te groot geraak op die JSE. Prosus sal die grootste genoteerde verbruikersmaatskappy in Europa wees en sal help om waarde te ontsluit.

Basil Sgourdos, finansiële hoof, verduidelik die beoogde notering van Prosus pak strukturele probleme aan en sal nog lank voordele bring.

Sgourdos wys Naspers se totale kernwesensverdienste het vinniger gegroei as dié van die bydrae van die Chinese internetreus Tencent, wat wys hoe sy bedrywighede begin waarde toevoeg. Naspers se kernwesensverdienste het oor die afgelope drie jaar saamgestelde groei van 44% getoon, teenoor Tencent se bydrae van 27%.

Hy het gewys op die sterk groei in handelswins van sy geklassifiseerde advertensiesake, hoewel kosaflewering nog ’n handelsverlies ly weens die doelbewuste beleggings om dit te laat groei. Naspers is baie trots daarop dat die geklassifiseerde-advertensie-onderneming nou ’n handelswins toon.

Van Dijk sê Naspers sal steeds massief belê in kosaflewering, en sal kunsmatige intelligensie en masjienleer in sy bedrywighede integreer.

Meer oor:  Payu  |  Delivery Hero  |  Naspers  |  Bob Van Dijk  |  Basil Sgourdos  |  E-Handel  |  Kosaflewering  |  Internet  |  Media  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.