Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Naspers, Tencent verloor miljarde in markwaarde
Bob van Dijk, uitvoerende hoof van Prosus en Naspers. Foto: Getty Images

Tencent trap water op die Hongkongse aandelebeurs nadat aandeelhouers skielik, en sonder enige duidelike rede, begin het om aandele te verkoop.

Die maatskappy het Donderdag teen 0,6% laer verhandel, ten spyte van ’n andersins positiewe aandelemark.

Tencent is die grootste maatskappy op dié Asiatiese aandelebeurs.

Die maatskappy verhandel nou onder die sleutelvlak van HK$320. Die aandeelprys het reeds sowat 20% in waarde sedert April verloor en in die proses meer as $93 miljard in markwaarde uitgewis.

Naspers, wat deur middel van sy volfiliaal Prosus ’n belang van 31% in Tencent besit, voel eweneens die pyn.

Albei maatskappye se aandeelprys het Woensdag met minstens 5% gedaal en R145 miljard in ’n enkele dag in markwaarde uitgewis.

Hoewel Tencent se aandeelprys die afgelope paar maande daal, was daar Woensdag geen opmerklike rede oor waarom aandeelhouers skielik soveel aandele van die hand gesit het nie.

Daar word gegis dat beleggers in Chinese ondernemings begin koue voete kry, of dat Tencent se besluit om Amerikaanse basketbalwedstryde uit te saai, kan boemerang.

Berigte vanuit China dat die regering daar nóg reëls en regulasies wil instel rakende aanlyn videospeletjies help ook nie om gemoedere in die mark te kalmeer nie.

Videospeletjies is een van Tencent se mees winsgewende afdelings.

Die internetreus reik sy resultate vir die derde kwartaal op 13 November uit. Naspers het Donderdag 1,1% hoër op R2 554 verhandel. – Bloomberg

  • Netwerk24 is ’n produk van Media24, ’n filiaal van Naspers.
Meer oor:  Prosus  |  Naspers  |  Tencent  |  Aandeelprys  |  Tegnologiemaatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.