Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Naspers verkoop 22 m. van sy Prosus-aandele
Bob van Dijk, Group CEO, Prosus and Naspers, hitti
Bob van Dijk (links), uitvoerende hoof van Prosus en Naspers, slaan die ghong van die Euronext Amsterdam met die notering van Prosus op dié beurs. Foto: Prosus

Meer Europese beleggers kan nou eindelik belê in die grootste internetfirma volgens markwaarde wat op die vasteland genoteer is – Prosus.

Naspers het bykans oornag 22 miljoen van sy eie Prosus-aandele aan institusionele beleggers in Europa verkoop.

Dis nagenoeg 1,4% van Prosus se uitgereikte aandele en verminder Naspers se belang in Prosus tot 72,5%.

Shamiela Letsoalo, Naspers se hoof van mediabetrekkinge, sê Naspers sal nie sommer sy belang in Prosus tot laer as 70% laat val nie, aangesien dit belastingimplikasies inhou.

Teen €67,50 per aandeel het Naspers nagenoeg €1,5 miljard ingevorder in dié versnelde boekbou, wat Dinsdag aangekondig is en teen Woensdagoggend voltrek is.

Naspers wys in ’n Sens-verklaring daarop dat die geld na Naspers kom en nie Prosus nie, en dat alle opbrengs ná uitgawes en koste na Suid-Afrika herpatrieer word, soos deur die Reserwebank vereis.

“Naspers beoog om die netto opbrengs mettertyd te gebruik om kapitaal aan Naspers-aandeelhouers terug te gee in die vorm van ’n aandeelterugkoopprogram.”

Naspers het Prosus, ’n firma wat sy internasionale internetbates hou, op 11 September 2019 op die Euronext Amsterdam genoteer.

Die notering het plaasgevind deur die uitreiking van Prosus-aandele aan Naspers-aandeelhouers vir nagenoeg 25% van Prosus se belang. Die res is deur Naspers self besit. Dit het reeds met die notering vrae geskep oor hoe nuwe beleggers toegang tot Prosus sou kry, wat juis die rasionaal vir die notering was.

Prosus se notering is gedoen om nuwe, internasionale beleggers in tegnologie toegang tot Naspers te gee en só die groep se aandeelprys ’n hupstoot te gee. Naspers op die JSE weerspieël nie eens die maatskappy se belang in die Chinese internetreus Tencent nie, die sogenaamde diskonto waaroor beleggers nou al jare lank mor.

Die maatskappy sê hy het “beduidende belangstelling” in Prosus van nuwe beleggers gehad. Die boekbou is gedoen om hulle toegang tot Prosus te gee “en daardeur aan te hou om Prosus se aandeelhouersbasis te verbreed”.

Naspers onderneem om nie binne die volgende 90 dae nog Prosus-aandele te verkoop nie.

Op die JSE het Prosus se aandeelprys vroegoggend met meer as 3% tot R1 103 geval en op die Euronext Amsterdam met meer as 2% tot €70,87. 

  • Netwerk24 is ’n publikasie van Media24, ’n filiaal van Naspers.
Meer oor:  Prosus  |  Naspers  |  Tegnologie  |  Aandele  |  Maatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.