Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Naspers verwag stewige groei

Die internetreus Naspers verwag ’n styging van tussen 69% en 76% in sy verdienste per aandeel vir die boekjaar tot einde Maart.

Die Covid-19-pandemie het tot 'n mate in die guns getel van Naspers en sy internasionale e-handelfiliaal Prosus danksy die digitale transformasie wat deur wêreldwye inperkings versnel is. Foto: istock

Digitale transformasie het in die jaar van die pandemie versnel, en Naspers en sy internasionale internetonderneming Prosus het versnelde groei in elk van sy sektore gehad, het die groep bekend gemaak.

Hoewel die beter prestasie van Prosus se belang van 28% in die Chinese internetreus Tencent baie bygedra het tot beter verdienste, wesensverdienste en kernwesensverdienste, het Prosus se eie e-handelbedrywighede ook beter wins getoon.

Naspers se eie verdienste wys egter ’n effens laer verdienstegroei as Prosus self. Dit is omdat hy in die afgelope boekjaar 73,19% van Prosus se verdienste pleks van 100% in sy boeke weerspieël. Dit het gevolg op Prosus se afsonderlike notering op die beurs in Amsterdam in September 2019.

Prosus verwag ’n styging van tussen 41% en 47% in kernwesensverdienste per aandeel – of ’n styging van tussen 85c en 99c vanaf die vorige boekjaar se R2,07.

Naspers, wat sy resultate op 21 Junie sal uitreik, verwag sy kernwesensverdienste per aandeel sal vanaf die vorige boekjaar se kernwesensverdienste van R6,56 met tussen 20% en 27%, oftewel met tussen R1,45 en R1,81, styg.

Prosus se aandeelprys was Donderdag 0,5% laer op R1 400,32, en Naspers was net effe laer op R2 931,84.

Naspers en Prosus het onlangs ’n ruiltransaksie aangekondig, waardeur Prosus sy oorkruisbelang in Naspers tot 49,5% wil vergroot. Naspers se oorkruisbelang sal dienooreenkomstig verklein tot 57%, maar hy sal steeds deur nuwe B-aandele in Prosus volle beheer oor Prosus behou. Naspers-aandeelhouers sal 2,27 Prosus-aandele aangebied word vir elke Naspers-aandeel wat hulle besit om die transaksie moontlik te maak. ’n Spesiale vergadering van Prosus-aandeelhouers word beoog as volgende stap om die transaksie in werking te stel.

  • Netwerk24 is deel van Media24, ’n filiaal van Naspers.
Meer oor:  Prosus  |  Naspers  |  Tencent  |  Tegnologie  |  Internetreus  |  Digitale Transformasie  |  E-Handel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.