SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Tegnuus
‘Nee, ons spioeneer nie,’ sê Huawei wéér
Daar blyk geen einde te wees aan Huawei se ellende nie. Foto: Getty Images

Huawei is ’n private maatskappy wat nie beheer word deur die Chinese regering nie. En selfs al vra die Chinese regering dat die maatskappy namens hom inligting oor gebruikers versamel, sal hy nie.

Só het Tim Watkins, Huawei se visepresident in Wes-Europa, Dinsdag tydens ’n radio-onderhoud op die BBC gesê.

Huawei moes al telkemale die wêreld probeer oortuig hy spioeneer nie namens die Chinese regering op sy gebruikers nie.

Amerika maan reeds ’n geruime tyd sy bondgenote in Europa en elders om nie Huawei se tegnologie te gebruik in die uitbreiding van 5G-netwerke nie, juis oor die spioenasievrese.

“Huawei is onder geen verpligting om op enige manier met die (Chinese) regering saam te werk op die manier wat Amerika insinueer nie,” sê Watkins.

“Daar is geen mandaat in wetgewing rakende Chinese intelligensie wat sê ons moet data of intelligensie oorhandig wat ons nie wil oorhandig nie.”

Volgens Watkins is Huawei se toestelle veilig om te gebruik. – Reuters

Meer oor:  Huawei  |  Selfoonmaatskappye  |  Tegnologie  |  Spioenasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.