Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Net 10% van SA het internet by die huis
Sonder vinnige internet tuis kan jy nie toegang tot stromingsdienste soos Netflix kry nie. Foto: Unsplash

As jy, afgesien van jou selfoon, internettoegang by die huis het, is jy deel van ’n skamele 10% van Suid-Afrikaners.

Dit beteken effektief dat net ’n betreklik klein aantal Suid-Afrikaners teoreties toegang het tot stromingsdienste soos Netflix of Showmax wat ’n vinnige internetverbinding by die huis benodig.

Veral in afgeleë gebiede in Limpopo, Noordwes en die Noord-Kaap is ’n huishouding met ’n internetverbinding tuis so skaars soos hoendertande. Gesamentlik het skaars 2% van huishoudings in hierdie provinsies internet by die huis.

Dit is deel van die jongste bevindinge van Statistieke Suid-Afrika (SSA) se algemene huishoudelike peiling vir 2018, wat Dinsdag uitgereik is.

Daarvolgens het die aantal huishoudings met internettoegang tussen 2017 en 2018 met 0,2% afgeneem.

Die aantal Suid-Afrikaners wat wel toegang het tot die internet, hetsy by die huis, ’n internetkafee, op ’n selfoon of by die werk, het wel toegeneem van 62% in 2017 tot 65% in 2018.

In Gauteng het bykans 75% van die inwoners internettoegang; in Limpopo is dié syfer minder as 47%. (Sien ook grafika's hiernaas.)

Enigiemand wat wel toegang tot die internet het, verkry dit in alle waarskynlikheid op sy of haar selfoon.

tegnologie, ghs2019


Waar net 10% van Suid-Afrikaners internettoegang by die huis het, kry meer as 60% wel toegang op hul mobiele toestelle.

Dis g’n wonder dat diensverskaffers ’n al groter persentasie van hul inkomste uit die verkoop van selfoondata verdien nie.

’n Gebrek aan behoorlike 3G-dekking in afgeleë gebiede, veral in Limpopo, die Oos- en die Noord-Kaap, maak dit wel moeilik vir inwoners hier om enigsins internettoegang te bekom.

Trouens, 10% van Noord-Kapenaars het geen kommunikasiemiddel tot hul beskikking nie, die hoogste uit al die provinsies.

In Mpumalanga beloop dié syfer net 1,1%. Dit beteken net ’n klein aantal inwoners hier het nie ’n selfoon of ’n landlyn nie.

telekommunikasie, ghs2019

Al hoe meer Suid-Afrikaners raak ook ontslae van hul landlyne namate Telkom hierdie oudmodiese kommunikasiemiddel uitfaseer.

Luidens Telkom se jongste jaarsyfers het sy aantal landlyngebruikers in die jaar tot einde Maart met 15% afgeneem.

Landwyd het diegene met ’n landlyn én ’n selfoon van 8,2% van die bevolking tot 7,1% gedaal.

Minder as 2% van die mense in Limpopo het nog ’n landlyn én ’n selfoon.

’n Onbenullige klein aantal Suid-Afrikaners gebruik nog net ’n landlyn. Volgens die SSA is daar iewers nog sowat 58 000 Suid-Afrikaners sonder ’n selfoon, maar wat wel ’n landlyn het.

Die meeste van hulle woon in die Noord-Kaap en KwaZulu-Natal.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.