Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
‘Net’ $200 000 vir ’n kaartjie ruimte toe
Jeff Bezos, stigter van Amazon en Blue Origin, in een van die ruimtekapsules. Foto: Reuters

Wil jy graag vir Liefie verras met ’n besonderse uitstappie na die ruimte?

Teen “net” $400 000 vir die twee van julle sal Jeff Bezos se vuurpylmaatskappy van volgende jaar af passasiers 100 km die lug in skiet om die aarde van doer bo te aanskou.

Reuters berig belangstellendes is lankal nuuskierig om te hoor wat ’n kaartjie op Blue Origin se New Shepard-ruimtetuig gaan kos, en nou het twee persone in die binnekring uiteindelik die bedrag verklap.

Volgens dié inligting sal ’n kaartjie tussen $200 000 tot $300 000 kos, afhangende van hoe lank jy in die ruimte wil bly.

Blue Origin is in 2000 deur Bezos, miljardêr en stigter van Amazon, gestig. Hy het verlede maand gesê die eerste toetsvlugte van die New Shepard met mense aan boord sal binnekort onderneem word en kaartjieverkope sal aanstaande jaar begin.

Die ruimtetuig bestaan uit ’n vuurpyl en ’n kapsule waarin die passasiers sal sit.

Dit is ontwerp om ses passasiers gelyktydig tot sowat 100 km bo die aarde te vervoer, hoog genoeg om ’n paar minute van gewigloosheid te ervaar.

Terwyl die passasiers die uitsig oor die aarde geniet, sal die kapsule stadig weer begin terugval grond toe.

Blue Origin het reeds agt toetsvlugte met die kapsule vanaf sy lanseerplatform in Texas uitgevoer met ’n paar poppe aan boord, die Mannequin Skywalkers, wat herinner aan die Star Wars-held (en later booswig) Anakin Skywalker.

Die maatskappy sal ook in die volgende paar weke die eerste toetse in die ruimte doen met die kapsule se ontsnapstelsel wat passasiers veilig moet terugbring aarde toe sou die vuurpyl ontplof. Hy het die stelsel reeds op laer hoogtes getoets. – Reuters, verwerk

Meer oor:  Amazon  |  Blue Origin  |  Jeff Bezos  |  Ruimte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.