Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Netflix draf voor, mededinging ten spyt

Netflix is steeds die koning van stromingsdienste, ondanks ’n groeiende aantal mededingers.

Die maatskappy het Maandag sy jongste syfers verklap in aantog tot die uitreiking van sy volgende verdiensteverslag in Januarie.

Netflix het nou meer as 90 miljoen intekenare buite die VSA en Kanada, waarvan 47,4 miljoen in Europa, die Midde-Ooste en Afrika is, en 29,4 miljoen in Suid-Amerika.

Die groot getal gebruikers buite Amerika plaas Netflix ver voor sy grootste mededingers soos Walt Disney se Disney+, wat verlede maand bekend gestel is, en HBO Max, wat na verwagting in Mei gaan begin sake doen.

Sy groeiende syfers in die buiteland help ook om sy verlangsaming in Amerika teen te werk.

Netflix het nou meer as 60 miljoen intekenare in die VSA en Kanada. Tog is dit op dreef vir sy swakste vertoning wat betref die groei in aantal intekenare sedert die maatskappy in 2011 met sy stromingsdiens begin het.

Reed Hastings, uitvoerende hoof, het vroeër gesê hy beskou Netflix as ’n “internasionale” diens, eerder as een wat net op ’n Amerikaanse gehoor fokus.

Die stromingsdiens beplan om meer as 130 reekse vanuit verskillende lande oor die volgende jaar uit te reik.

Dit is heelwat meer as wat enige ander Amerikaanse mediamaatskappy beplan.

“Baie van hierdie titels het ’n groot invloed in die land waarin dit vervaardig word, en mense kyk dit oor die wêreld heen,” sê Ted Sarandos, hoof van inhoud by Netflix.

Netflix het sowat 28 miljoen nuwe intekenare in Europa oor die laaste drie jaar bygevoeg, ondanks die feit dat hy sy tariewe moes opstoot.

Die gemiddelde gebruiker in die streek betaal nou $10,26 (sowat R148) per maand. Netflix is net duurder in Amerika en Kanada.

In Latyns-Amerika het die stromingsdiens nou 29 miljoen intekenare, sowat ’n derde van huishoudings wat toegang tot hoëspoed-internet het.

Die Asiatiese streek bly egter steeds ’n ope vraag, omdat inwoners daar tradisioneel sensitiewer is vir hoë pryse vir dienste soos Netflix.

Daarom eksperimenteer die diens tans met ’n laekoste-plan in Indië en Indonesië, lande waar meer as 1,5 miljard mense woon.

Beleggers sal ’n beter idee van Netflix se vooruitgang kry wanneer die maatskappy sy resultate vir die vierde kwartaal op 21 Januarie uitreik. – Bloomberg

Meer oor:  Netflix  |  Televisie  |  Stromingsdienste  |  Vermaak  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.