Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Netflix haal nie teiken, verklap gewildste flieks

Anders as baie ander netwerke het Netflix nie ’n tekort aan nuwe inhoud gehad tydens die inperkingstyd nie.

Die maatskappy het heelwat flieks, televisiereekse en dokumentêre programme in die tyd uitgereik. Netflix het sedert Januarie net meer as 28 miljoen nuwe intekenare bygekry.

Hy is op dreef om 34 miljoen nuwe intekenare teen die einde van die jaar by te voeg. Dit sal sy totale getal intekenare op meer as 200 miljoen te staan bring.

The Old Guard, ’n aksieprent met Charlize Theron, is die fliek wat die meeste gekyk is in die derde kwartaal gevolg deur Enola Holmes en Project Power.

American Murder: The Family Next Door, wat in September uitgereik is, is op pad om die dokumentêr te word wat die meeste tot nog toe op Netflix gekyk is.

Sy televisiereekse het nie so goed gevaar nie, wat dalk die rede is waarom hierdie afdeling geherstruktureer word. Netflix onderspeel die invloed van die pandemie op sy vermoë om nuwe programme te vervaardig.

Volgens die maatskappy het hy reeds 50 projekte voltooi sedert produksie aanvanklik in Maart gestaak is. Hy beplan om meer nuwe programme aanstaande jaar uit te reik as wat vanjaar die geval was.

Die maatskappy het ook die eerste keer in jare ’n positiewe kontantvloei omdat daar ’n onderbreking was in die produksie van nuwe programme.

Hoewel hy ’n wins toon, slurp nuwe produksies blitsvinnig sy oorblywende kontantreserwes op.

Netflix verwag hy sal aanstaande jaar weer moet geld leen en sê sy kontantreserwes is genoeg om sy bedrywighede vir die volgende 12 maande voort te sit.

netflix

Swak groei laat aandeelprys tuimel

Netflix se aandeelprys het Dinsdag getuimel nadat die stromingsdiens nie ontleders se verwagte groei in sy getal intekenare kon haal nie.

Dit laat ontleders opnuut bekommerd oor of Netflix sy aanvanklike groei aan die begin van die koronaviruspandemie sal kan volhou namate al hoe meer mededingers hul toetrede maak.

Netflix, die wêreld se grootse stromingsdiens gegrond op sy getal intekenare, het net 2,2 miljoen nuwe intekenare in die drie maande tot einde September bygekry.

Dit is veel minder as die 3,32 miljoen waarop ontleders gehoop het. Dit is ook minder as wat Netflix geprojekteer het.

Netflix het reeds 25,9 miljoen nuwe intekenare in die eerste helfte van die jaar bygevoeg. Dit is sy beste ses maande tot nog toe in terme van groei.

Tog het die maatskappy deur die loop van die pandemie gewaarsku hy sal nie die groei in sy getal intekenare kan volhou nie. Hy het selfs gewaarsku die skielike toename in intekenare kan groei in die toekoms onderdruk.

“Ons het dit verwag en geweet daar gaan ’n mate van verlangsaming wees,” het Spencer Neumann, finansiële hoof, in ’n gesprek kort ná die bekendstelling van die maatskappy se resultate gesê.

Dit is moeiliker as ooit om te voorspel met hoeveel ’n stromingsdiens se intekenare gaan groei. Waar Netflix te versigtig was in sy voorspelling vir die tweede kwartaal, was hy te optimisties vir die derde kwartaal.

Netflix kon nie sy teiken vir die derde kwartaal wat betref sy getal nuwe intekenare haal nie. Foto: Getty Images

Baie kykers, veral in Europa en Asië, het teruggekeer na ’n normale lewe wat beteken hulle bestee minder tyd op Netflix.

Professionele sportgebeure vind ook weer plaas, veral in Amerika waar dit groot getalle kykers lok.

Al hierdie faktore het Netflix se kanse belemmer om meer intekenare in die derde kwartaal te kry.

“Dit is kenmerkend van ’n onderneming wat volwassenheid bereik,” sê Jim Nail, ’n ontleder by Forrester Research.

“Oneindige groei kan nie vir ewig aangaan nie.”

Dit was Netflix se swakste derde kwartaal sedert dié van 2015, maar toe was Netflix nog nie in bykans elke land beskikbaar nie.

Sy aandeelprys het met 7,4% tot $486,50 in nauurse verhandeling gedaal. Sy aandeelprys is steeds 62% hoër as aan die begin van die jaar. – Bloomberg

Meer oor:  Netflix  |  Televisie  |  Stromingsdienste  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.