Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Netflix kry 1ste oorspronklike reeks uit Afrika
Ter illustrasie. Foto: Getty Images

Netflix het pas aangekondig dat hy sy eerste oorspronklike reeks uit Afrika, Queen Sono, ’n aksiebelaaide televisiereeks met Pearl Thusi in die hoofrol, gaan vervaardig.

Min besonderhede is bekend gemaak, buiten dat Thusi, aktrise, model en aanbieder, die rol van Queen Sono sal vertolk en dat Kagiso Lediga, akteur, komediant en regisseur, die regie gaan behartig.

Uit die verklaring blyk dit dat Thusi se karakter ’n spioen is wat vir ’n Suid-Afrikaanse agentskap werk.

Na verwagting sal die verfilming reeds vroeg aanstaande jaar begin en Netflix sal dit later in die jaar uitreik.

Netflix het vroeër vandeesmaand aangedui dat hy volgende jaar meer oorspronklike reekse uit Afrika wil bekom.

Dié stromingsdiens vervaardig reeds heelwat oorspronklike inhoud in Europa, Asië en Suid-Amerika.

Erik Barmack, Netflix se adjunkpresident van oorspronklike internasionale inhoud, het op ’n konferensie in Londen gesê al meer kykers verkies inhoud wat in ’n ander taal buiten Engels is, berig Variety.

“Ons gaan ’n punt bereik waar die helfte van die top-tien-reekse op Netflix nie van Amerika afkomstig is nie,” het hy gesê.

Derhalwe stel Netflix tans ondersoek in na geleenthede in Afrika, en Queen Sono sal die eerste oorspronklike reeks uit dié vasteland wees.

Thusi was onder meer in die Amerikaanse aksiereeks Quantico sowel as die fantasieprent The Scorpion King: Book of Souls.

Sy het ook die hoofrol vertolk in die romantiese drama Catching Feelings, wat in Mei vanjaar op Netflix uitgereik is.

Meer oor:  Netflix  |  Pearl Thusi  |  Stromingsdienste  |  Televisiereeks  |  Tegnologie  |  Televisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.