SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Tegnuus
Netflix verloor duisende intekenare in 3 maande

Netflix is besig om intekenare te verloor.

’n Beeldskerm van die Netflix-app.

Dié internasionale stromingsdiens het Woensdag aangekondig hy het vir die eerste keer in agt jaar sy teiken vir groei in aantal intekenare misgeloop. Netflix het pas sy jongste resultate vir die tweede kwartaal uitgereik.

Die maatskappy se aandeelprys het met soveel as 12% gedaal nadat dit aan die lig gekom het Netflix het minstens 130 000 intekenare tussen April en Junie vanjaar verloor.

Dié syfer geld spesifiek in Amerika, Netflix se grootste mark.

Die wêreld se grootste stromingsdiens gegrond op aantal intekenare het erken die aanbod van nuwe televisiereekse en flieks wat hy in die laaste kwartaal uitgereik het, was onvoldoende om nuwe kykers te lok, of om bestaande kykers vasgenael te hou.

Nietemin het Netflix 2,83 miljoen nuwe intekenare buite Amerika bygekry. Dit is egter heelwat minder as die 4,8 miljoen waarop ontleders gehoop het.

Dieselfde ontleders het gehoop vir 352 000 nuwe intekenare in Amerika, maar in stede daarvan het Netflix 130 000 verloor.

“Ons het nie die voorspelde teiken in enige gebied gehaal nie, maar veral nie in gebiede waar ons die prys moes opstoot nie,” het die maatskappy in ’n brief aan aandeelhouers geskryf.

Netflix het die prys per maand vir sy diens in verskeie lande opgestoot. In Amerika kos die diens se goedkoopste weergawe nou $13 per maand (sowat R182) teenoor net R99 in Suid-Afrika.

Reed Hastings, uitvoerende hoof van Netflix, het in ’n oproep met beleggers ná die bekendstelling van die maatskappy se resultate gesê die voorspelling vir die res van 2019 lyk steeds rooskleurig.

Volgens Hastings voorspel Netflix steeds om meer nuwe intekenare voor die einde van die jaar by te kry as in 2018.

Netflix het tans 151,6 miljoen intekenare wêreldwyd.

Die maatskappy belê tans groot hoeveelhede geld in die skep van oorspronklike inhoud, insluitend peperduur reekse soos The Crown en ’n nuwe rampokkerprent met Robert de Niro wat na wat berig word $200 miljoen kos.

Clement Thibault, ontleder by Investing.com, meen egter dat die bykomende belegging in oorspronklike inhoud dalk nie genoeg sal wees om Netflix se dominante posisie in die mark te verseker nie.

Volgens Thibualt raak die mededinging van ander soortgelyke dienste ál meer straf.

Maatskappye soos TimesWarner, wat onder meer HBO besit, het reeds planne aangekondig vir hul eie stromingsdiens, wat beteken dat hul bestaande inhoud op Netflix eersdaags van dié platform gehaal gaan word.

Netflix het byvoorbeeld reeds aangekondig dat die gewilde reeks Friends vanaf 2020 nie meer op sy platform beskikbaar gaan wees nie. – Reuters, verwerk

Meer oor:  Netflix  |  Stromingsdienste  |  Betaaltelevisie  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.