Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Netflix wil hê jý moet kies hoe flieks eindig

Het jy al ooit gewens jou gunstelingkarakter sterf nié aan die einde van daardie aksiefliek nie, of dat die heldin eerder saam met daardie hubare jong man opeindig as die een wat sy uiteindelik gekies het?

Netflix wil televisiereekse en flieks meer interaktief maak. Foto: Getty Images

Wel, as dit van Netflix afhang, sal jy eersdaags self kan kies hoe flieks en televisiereekse eindig.

Dié gewilde stromingsdiens werk volgens diegene in die binnekringe aan sogenaamde “interaktiewe televisie”, berig Bloomberg.

Dit beteken kykers sal kan kies waarheen die storielyn van ’n fliek of televisiereeks volgende gaan, wat die ervaring sal verpersoonlik.

Netflix gaan glo met dié konsep eksperimenteer in die nuwe seisoen van die gewilde reeks Black Mirror wat na verwagting in Desember begin wys.

Dié reeks is juis bekend daarvoor dat dit verskeie tegnologiese kwessies en die impak daarvan op die samelewing ondersoek.

Netflix het reeds die konsep van “kies-jou-eie-verhaal” in die kinderprogram Puss in Book op die proef gestel. In die eerste paar minute van die program moet die kyker kies of Puss, ’n bekkige kat, teen ’n god of ’n boom moet baklei.

Sodra die episode klaar is, kan die kind teruggaan en dit weer kyk, maar met ’n ander uitkoms.

Die verwagting is wel dat die tipe keuses wat volwasse kykers moet maak, meer ingewikkeld sal wees as in die geval van Puss in Book.

Dit sal natuurlik ook die skryf en vervaardiging van reekse en flieks kompliseer, aangesien verskeie weergawes van dieselfde storie verfilm moet word.

Netflix se grootste mededinger, HBO, het reeds vroeër vanjaar sy eerste interaktiewe televisiereeks uitgereik.

Mosaic het kykers die opsie gebied om verskillende uitkomste vir die storie te kies.

Meer oor:  Netflix  |  Televisie  |  Stromingsdienste  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.