Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Netwerke moet ‘gratis’ spektrum dán teruggee
Suid-Afrikaanse diensverskaffers wag al jare op die permanente toekenning van meer beskikbare hoëfrekwensiespektrum. Foto: Unsplash

Die toekenning van bykomende hoëfrekwensieradiospektrum deur die Onafhanklike Kommunikasieowerheid (Okosa) verstryk in November.

Dit beteken alle diensverskaffers verloor dan toegang tot die bykomende spektrum wat ingevolge die ramptoestand aan hulle toegeken is.

Okosa het Vrydag aan die parlement se portefeuljekomitee vir kommunikasie gesê hy beplan om die spektrum waartoe tydelike toegang gegee is, in Desember te laat opveil.

Keabetswe Modimoeng, waarnemende voorsitter van Okosa, meen diensverskaffers sal bereid wees om ’n “aantreklike aanbod” vir die bykomende spektrum te maak omdat hulle nou toegang daartoe geniet en dit weer sal wil doen.

Okosa beplan om al die beskikbare spektrum deur die loop van 2021 op veilings te verkoop.

Diensverskaffers, insluitend Vodacom, Telkom, MTN en Rain, het in April bykomende spektrum ontvang om te help om aan die groter vraag na konnektiwiteit tydens die staat van inperking te voldoen.

Lees ook: Is jou netwerk een van dié met nuwe spektrum?

Die bykomende spektrum is gratis toegeken met dien verstande dat dit tydelik is.

Die toegekende spektrum geld net vir drie maande nadat die ramptoestand eindig, of tot 30 November, wat ook al eerste gebeur.

Modimoeng het Vrydag bevestig die toegekende spektrum sal alles teen 30 November onttrek word.

Die toegekende spektrum is alles op die bandwydte 700 megahertz (MHz), 800 MHz, 2 300 MHz, 2 600 MHz en 3 500 MHz.

Alle spektrum bo 2 000 MHz kan vir 4G-sein ingespan word. Tussen 1 800 MHz en 2 500 MHz kan 3G-sein ondersteun word en onder 1 800 MHz slegs GSM-sein wat nie data kan oordra nie.

Diensverskaffers is veral gretig vir spektrum bo 2 000 MHz en meen as Okosa meer daarvan beskikbaar stel, sal dit die prys van data verlaag.

Diensverskaffers wat nie die voorwaardes of sperdatum eerbiedig nie, kan ’n boete van R100 000 per dag van nienakoming opgelê word.

Meer oor:  Okosa  |  Data  |  Diensverskaffers  |  Spektrum  |  Datapryse  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.