Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Nie sexy nie, maar A32 doen sy ding

Die Samsung A32 is dalk nie die sexyste foon in Samsung se reeks nie, maar dit sal jou nie in die steek laat nie.

Die Galaxy A32 bied alles wat jy nodig het. Foto: Werner Wippenaar

As jy ’n foon soek wat mooi lyk, kan jy kyk na die S21+ en die Ultra, maar die A32 bied jou iets van alles.

Dit is een van die meer bekostigbare modelle van Samsung, maar bied ’n hele paar verbeterings op sy vorige model, die A31.

Nuwe funksies

Uitstekende funksies sluit in die groot skerm (6,4 duim), wat selfs groter is as dié van die premium S21 Galaxy (6,2 duim), en dit het vier kameras en ’n groot battery.

Aansluitprop en battery

Nog dinge om op te merk, is anders as by die S21 Galaxy-reeks, kry jy wel ’n aansluitprop vir die herlaaikabel wat 15 W kan hanteer saam met jou kabel in die boks. Die A32 gebruik ook ’n tipe C-datakabel en die batterygrootte van 5 000 mAh sal verseker dat jou foon meer as genoeg krag sal hê om deur die dag te kom. Daar is egter steeds geen oorfone in die boks nie.

Twee weergawes

Tog gee die A32 gebruikers ’n bekostigbare opsie met goeie tegnologie. Daar is ook twee opsies – ’n LTE- en 5G-weergawe. Ek het die LTE-weergawe gekry om te toets en ek het nie enige klagtes daaroor nie.

Natuurlik hang die doeltreffendheid en spoed van jou internettoegang van jou diensverskaffer af.

Nog iets wat die A32-model laat uitstaan teen die meer premium modelle, is dat dit plek het vir ’n mikroSD-kaart tot so groot as 1 TB. Die foon se ingeboude geheue is ook goed genoeg met 128 gigagreep. As jy wolkdienste gebruik en gereeld jou foto’s en video’s stoor, sal jy nie die geheue vinnig vol maak nie.

Daar is wel ’n duidelike verskil as jy die foon in die hand het teen die S21-reeks. Dit voel baie ligter omdat dit van plastiek gemaak is.

Sommige gebruikers sal ook bly wees om te hoor dat jy steeds oorfone met ’n 3,5 mm-koppelaar kan gebruik. Jy sal natuurlik ook draadlose oorfone kan gebruik danksy Bluetooth 5.0.

Skerm is die wen-eienskap

Die Galaxy A32 LTE-model bied ’n Super AMOLED-skerm van 6,4 duim met ’n verfrissingstempo van 90 Hz. (Dit verwys na hoe vinnig die skerm nuwe inhoud laai). Dit voel asof jy ’n premiumgehalte foon het, veral omdat dit HD-resolusie het.

Dit het ook ’n optiese vingerafdrukleser, so jy hoef nie ’n kode of patroon te gebruik om toegang tot die foon te kry nie. Dit gebruik ook gesigsherkenning.

Die A32 is glad nie moeilik om te gebruik nie en as jy voorheen ’n Samsung-foon gehad het, sal dit heel gemaklik voel om alles op te stel.

Kameras

Die kameras is goed genoeg vir alledaagse gebruik en sal verseker dat jy mooi duidelike foto’s en video’s kan neem. Dit het ’n 20 MP selfie-kamera voor. Die agterste kameras bied ’n 64 MP wyehoek-, met ’n 8MP ultrawyehoeklens, ’n 5 MP-telefotolens en ’n 5MP-makrolens en dieptesensor.

Daar is nie ’n groot prysverskil in die twee weergawes nie:

• A32 LTE: R5 499

• A32 5G: R5 999

As jy belang stel en meer wil weet, kyk na GSMArena se diepte-resensie:


Meer oor:  Samsung  |  Slimfoon  |  Tegnologie  |  Resensie  |  Selfoon
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.