Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Nigerië kyk glo na China se model om internet te beheer

Nadat Nigerië die sosialemediaplatform Twitter verbied het, het sy ministers na bewering met Chinese eweknieë vergader oor die moontlikheid dat dié land in Wes-Afrika ’n model soortgelyk aan China se “Great Firewall” instel.

In China is daar die “Great Firewall”-wetgewing en -tegnologie wat hom in staat stel om sy internet plaaslik te reguleer en om toegang tot verskeie webwerwe te blokkeer. Dit keer internetgebruikers se toegang tot Twitter, Facebook, YouTube en Google.

Die ondersoekende joernalis Socrates Mbamalu sê ’n fluitjieblaser het alarm gemaak oor dié vergadering by die Foundation for Investigative Journalism (FIJ) in Nigerië. “Weens die aard van die geheime vergadering het die fluitjieblaser nie in diepte ingegaan oor hoe ernstig die gesprekke was nie,” het Mbamalu gesê.

Luidens ’n verslag van die FIJ het ministers Ibrahim Gambari en Lai Mohammed van Nigerië met die Chinese amptenare vergader.

Pres. Muhammadu Buhari se kantoor het nie op navrae van die FIJ gereageer nie.

Dit is ook nie die eerste keer dat Nigerië China se model van internet-regulasie bestudeer nie. Volgens die China-Afrika-projek het Mohammed ook verlede jaar genoem dat die “Great Firewall”-model gebruik kan word om sosiale media te reguleer.

‘Nigerie sal nie deur fopnuus verwoes word nie’

Nigerië se ministerie het in 2018 vir die eerste keer met die idee van internet-regulering vorendag gekom. Die grondslag van sy standpunt was dat die land fopnuus tot ’n einde wou bring. “Sosiale media en fopnuus sal Nigerië nie verwoes nie.”

News24

Meer oor:  Internet  |  Beheer  |  Nigerië  |  China  |  Model
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.