Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Nintendo kondig kleiner, goedkoper Switch aan
Die kleiner, goedkoper Nintento Switch Lite word in September bekend gestel. Foto: Nintendo

As jy nog kopkrap oor wat om vir Boetman vir sy verjaardag te koop, het Nintendo dalk die antwoord.

Die Japanse vervaardiger van onder meer speelgoed en videospeletjies het ’n nuwe weergawe van sy immergewilde Switch aangekondig.

Die Switch is soos die Gameboy van ouds, net vir vandag se generasie.

In ’n verklaring Woensdag sê Nintendo die Switch Lite is spesiaal ontwerp om bestaande Switch-speletjies op ’n kleiner toestel te speel wat makliker in die hand pas.

Die Lite word op 20 September uitgereik, en sal na verwagting $200 oorsee kos.

Die plaaslike prys is nog nie bekend nie, het ’n woordvoerder bevestig.

Die groter Switch, wat in 2017 bekend gestel is en spoedig ’n topverkoper geword het, kos nagenoeg R6 200.

Die Switch Lite sal waarskynlik min of meer die helfte hiervan kos.

Jy sal dieselfde speletjies op sowel die Lite as die Switch kan speel.

Nintendo het teen einde Maart vanjaar reeds byna 35 miljoen Switch-toestelle verskeep. Dié skitterende verkope het die Japanse maatskappy se inkomste ’n broodnodige hupstoot gegee en sy aandeelprys die hoogte laat inskiet.

Die maatskappy se wins het in die laaste boekjaar tot einde Maart met ’n indrukwekkende 39% toegeneem, hoofsaaklik te danke aan goeie verkope van die Switch.

Meer oor:  Nintendo  |  Videospeletjies  |  Nintendo Switch  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.