Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Nóg 100 miljoen mense se inligting lek uit
Kuberkrakers het toegang gekry tot 100 miljoen Quora-gebruikers se inligting. Foto: Getty Images

Nog ’n dag, nog ’n kuberaanval.

Quora, ’n webtuiste waarop gebruikers vrae kan vra wat dan deur ander beantwoord word, het in ’n verklaring bevestig hy is die jongste om onder ’n kuberaanval deur te loop.

Boewe kon die webtuiste se stelsels binnedring en is vort met 100 miljoen gebruikers se persoonlike inligting.

Dit sluit in gebruikers se name, e-posadresse en ’n gekodeerde weergawe van hul wagwoorde.

“Die oorgrote meerderheid van die inhoud wat gesteel is, was reeds openlik op Quora beskikbaar,” sê Adam D’Angelo, uitvoerende hoof, in die verklaring.

In sommige gevalle het die booswigte wel toegang tot gebruikers se rekeninge verkry en bepaalde veranderinge aangebring, soos om vrae te stel en boodskappe aan ander gebruikers te stuur.

D’Angelo het dit as “kommerwekkend” beskryf.

Miljoene mense het rekeninge op Quora, waarskynlik sonder dat hulle dit besef.

Die webtuiste word baie besoek deur mense wat antwoorde op Google soek en dan sien iemand anders het die vraag reeds op Quora gevra.

Quora vereis egter dat gebruikers ’n rekening skep om die antwoorde te kan lees, wat beteken miljoene mense het so ’n rekening, maar gebruik dit waarskynlik bitter selde of het al heeltemal vergeet daarvan.

Die webtuiste het beloof hy sal al die 100 miljoen gebruikers wie se inligting gesteel is, kontak.

D’Angelo sê daar word ook nog ondersoek ingestel na presies hoe die kuberkrakers toegang tot Quora se stelsels verkry het. Die diefstal is eers Vrydag ontdek, sê hy.

Die relevante owerhede is reeds in kennis gestel.

“Dit is ons verantwoordelikheid om seker te maak dinge soos hierdie gebeur nie, en ons het daarin misluk,” sê D’Angelo.

“Ons gaan baie hard daaraan werk om ons gebruikers se vertroue terug te wen en seker te maak dit gebeur nie weer nie.”

Hoewel die gestoorde wagwoorde gekodeer was, raai D’Angelo al die gebruikers wie se inligting gesteel is aan om hul wagwoorde te verander en seker te maak hulle gebruik nie dieselfde wagwoord op verskillende webtuistes nie.

Meer oor:  Kuberaanval  |  Data  |  Kuberkrakers  |  Tegnologie  |  Datalekkasie  |  Persoonlike Inligting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.