Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Nog geen datum of prys vir nuwe iPhone in SA

Daar is nog geen aanduiding wanneer die nuwe iPhone SE in Suid-Afrika beskikbaar sal wees of wat dit gaan kos nie.

’n Woordvoerder van Apple se plaaslike iStore het gesê dié inligting sal eers later bekend gemaak word.

Apple het sy nuwegenerasie-iPhone SE vroeër vandeesmaand bekend gestel.

Die foon, Apple se goedkoopste iPhone in jare, is op 24 April op ander markte uitgereik.

LEES OOK: Apple verras met nuwe, goedkoop iPhone

Suid-Afrika kry gewoonlik die jongste Apple-produkte kort nadat dit in die VSA en elders beskikbaar raak.

Maar met die plaaslike staat van inperking wat ’n impak op die lewering van die nuwe toestel kan hê, volg die nuwe iPhone SE nie dieselfde patroon nie.

Apple het wel gewaarsku dat die wêreldwye Covid-19-pandemie waarskynlik ook die bekendstelling van die volgende iPhone sal vertraag.

Apple beplan glo om later vanjaar minstens vier nuwe iPhones bekend te stel, maar dié datum (gewoonlik rondom einde September) kan nou weens die pandemie uitgestel word.

Volgens die The Wall Street Journal het Apple reeds aangedui dat hy beplan om die aantal toestelle wat hy vanjaar gaan vervaardig te sny met tot 20% omdat die vraag na nuwe slimfone skerp gedaal het.

Die nuwe iPhone SE lyk op ’n haar soos die iPhone 8 wat in 2017 uitgereik is, maar bevat wel Apple se jongste verwerker, die bioniese A13-skyfie. Dit beteken die SE sal heelwat vinniger as die iPhone 8 wees.

Die foon kos $399 in die VSA, wat voor invoerbelasting en ander bykomende kostes op sowat R7 500 plaaslik neerkom.

Meer oor:  Apple  |  Slimfone  |  Iphone  |  Tegnologie  |  Istore
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.