Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Nog g’n skikking in sig vir MTN

Meer as ’n maand nadat optimistiese gerugte oor ’n naderende skikking die ronde gedoen het, is daar steeds geen uitsluitsel oor MTN se lot in Nigerië nie.

MTN se hoofkantoor in Roodepoort in Johannesburg.

Die selfoonmaatskappy waarsku Maandag in ’n Sens-verklaring hy onderhandel steeds met die Sentrale Bank van Nigerië en die prokureur-generaal van dié land. Dit gaan oor onderskeidelik $8,1 miljard wat MTN glo van 2005-’17 onwettig landuit geneem het en $2 miljard se belasting wat glo geskuld word.

Die Sens-verklaring herhaal vorige waarskuwings dat MTN Nigerië nog “met Nigeriese owerhede onderhandel ten einde ’n wedersyds aanvaarbare oplossing te vind”.

Bloomberg het voorheen berig dit lyk asof MTN Nigerië ’n skikking van $800 miljoen aangebied het.

Voorverlede jaar het MTN $1 miljard betaal as boete omdat hy die datum vir die afsny van ongeregistreerde intekenare misgeloop het. Dié boete het tot MTN se eerste verlies tot nog toe in 2016 gelei.

MTN het vantevore belowe om sy Nigeriese filiaal in Lagos te noteer, maar dié planne is vir eers uitgestel.

MTN het meer as 64 miljoen intekenare in Nigerië, wat dit sy grootste mark maak.

Meer oor:  Mtn  |  Nigerië  |  Selfoonmaatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.