Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Nóg miljoene se Facebook-inligting lek dalk
Facebook sukkel om sy gebruikers se inligting te beskerm.Foto: Reuters

Facebook het pas nog ’n bloutjie geloop wat die beskerming van gebruikers se privaatheid betref.

Luidens navorsing deur die sekerheidsfirma UpGuard was tot 540 miljoen Facebook-gebruikers se private inligting vir etlike maande oop en bloot op die internet beskikbaar.

Die firma het die onbeskermde data gevind op ’n bediener van Amazon, wat aan ’n sosiale media maatskappy in Mexiko behoort.

Die inligting is glo afkomstig van besoekers aan die maatskappy se Facebook-blad, berig die BBC.

Die inligting wat versamel is, sluit in name, ID-nommers en plasings binne die blad.

Facebook verbied die stoor van gebruikers se data op bedieners wat nie aan hulle behoort nie.

Volgens UpGuard is dit nie onmiddellik duidelik of enigiemand toegang verkry het tot die onbeskermde bedieners waarop die data gestoor is nie.

Soortgelyk aan die Cambridge Analytica-skandaal, wat Facebook verlede jaar verswelg het, is derde partye nou ook by die versameling van gebruikers se data sonder hul toestemming betrokke.

In ’n verklaring sê die sosialemedia-reus hy het die databank dadelik in samewerking met Amazon verwyder toe hy daaroor ingelig is.

“Ons is steeds daartoe verbind om saam met programmeerders te werk om gebruikers se data te beskerm.”

’n Kleiner databank met omtrent 22 000 inskrywings is terselfdertyd verwyder.

UpGuard deursoek gereeld die internet vir onbeskermde databanke wat dalk sensitiewe inligting kan bevat. Dit lig dan die eienaars van hierdie databanke in om dit te beveilig.

Buiten die databank wat besonderhede van Facebook-gebruikers bevat, het die firma onlangs ook ander ontdekkings gemaak.

Dit sluit in ’n databank met 14 miljoen Verizon-kliënte se inligting sowel as die besonderhede van 1,8 miljoen stemgeregtigdes van die stad Chicago in Amerika.

Volgens UpGuard het Facebook-gebruikers se private inligting nou al so ver oor die internet heen versprei dat dit bykans onmoontlik sal wees vir die sosiale netwerk om dit ooit ten volle te kan beskerm.

50 Miljoen Facebook-gebruikers se inligting is ook in Oktober 2018 deur kuberkrakers bekom wat ’n swak plek in die Facebook-kode uitgebuit het.

Meer oor:  Facebook  |  Privaatheid  |  Tegnologie  |  Internet  |  Sosiale Media  |  Privaatheidskending
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.