SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Tegnuus
Nóg ’n baas by Vodacom bedank skielik

Till Streichert, Vodacom se finansiële hoof, het sy bedanking ingedien.

Till Streichert, finansiële hoof van Vodacom.

Dit volg enkele dae nadat Andries Delport, die maatskappy se tegnologiehoof, ook aangekondig het hy bedank.

Streichert was sedert Augustus 2015 Vodacom se finansiële hoof nadat hy aanvanklik in Februarie 2014 as finansiële direkteur aangestel is. Hy het voorheen vir Vodafone gewerk.

Die maatskappy het sy bedanking Donderdag bevestig. Volgens Vodacom het hy bedank om ’n geleentheid buite die maatskappy na te jaag.

Volgens Streichert was dit nie ’n maklike besluit om ná byna ses jaar by Vodacom te bedank nie.

“Ek het my tyd in Suid-Afrika terdeë geniet en ’n aantal uitdagende situasies by verskeie van Vodacom se bedrywighede in Afrika die hoof gebied.”

Hy het onder meer die afsonderlike notering van Vodacom in Tanzanië gelei en die maatskappy se belegging in Safaricom onderhandel en deurgevoer.

Shameel Joosub, uitvoerende hoof, het Streichert sterkte toegewens en sy bedanking as “veelseggend” en ’n “groot verlies vir die bedryf” beskryf.

Streichert bly in sy huidige pos aan tot minstens Junie aanstaande jaar.

Dit is die tweede hoëprofielbedanking by Vodacom in een week.

Delport, wat vir 23 jaar by Vodacom betrokke was, se bedanking is Dinsdag aangekondig. Hy is opgeraap deur Community Investment Ventures Holdings (CIVH), ’n onderneming wat in veselinternetdienste belê.

’n Opvolger vir Delport sowel as Streichert moet nog aangekondig word.

Vodacom se aandeelprys het Donderdag met meer as 2% gedaal tot R121,23.

Meer oor:  Vodacom  |  Civh  |  Vumatel  |  Vodafone  |  Till Streichert  |  Andries Delport  |  Veselinternet  |  Selfoonmaatskappye  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.