Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Nóg ’n Hollywood-ster kom na Comic Con Africa
Die Vikings-akteur Travis Fimmel gaan ook ’n verskyning op vanjaar se Comic Con Africa maak. Foto: Gage Skidmore/Wikipedia

Aanhangers van popkultuur kan uitsien na nóg ’n Hollywood-bekende wat aanstaande maand sy verskyning gaan maak op Afrika se eerste Comic Con-fees.

Travis Fimmel, wat bekend is om sy hoofrol in die gewilde televisiereeks Vikings, is pas aangekondig as nog ’n eregas op dié fees wat van 14 tot 16 September in Johannesburg plaasvind.

Comic Con is geskoei op die gelyknamige Amerikaanse popkultuurfees, wat jaarliks onder meer in San Diego en New York gehou word.

Buiten Fimmel word die Amerikaanse akteur Jason Momoa, later vanjaar te sien in die titelrol van die fliek Aquaman, asook Kevin Sussman, bekend as Stuart in The Big Bang Theory, ook verwag.

Fimmel is oorspronklik van Australië en vertolk sedert 2013 die hoofrol in Vikings, ’n bloederige reeks oor die sages van die wiking Ragnar Lothbrok rondom die jaar 793 n.C.

Comic Con Africa vind by die Kyalami Internasionale Konferensiesentrum in Midrand, Johannesburg, plaas.

Kaartjies beloop R150 per dag en is beskikbaar by Computicket.

Saterdag se kaartjies is wel reeds uitverkoop.

Meer oor:  Vermaak  |  Fees  |  Johannesburg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.