Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Nóg ’n politieke party begin veldtog teen Naspers
A logo of Naspers Ltd. sits on the side of the hea
Naspers se hoofkantoor in Kaapstad. Foto: Getty Images

Die EFF het ook ’n beroep op “alle Suid-Afrikaanse spaar- en aftreefondse, veral die staatspensioenfonds (GEPF),” gedoen om al hul aandele in Naspers te verkoop.

Dit kom uit protes teen Naspers se besluit om sy oorsese internetbelange op die Euronext Amsterdam (AEX) te noteer.

Die EFF beskryf dit as die “denotering” van Naspers, hoewel Naspers op die JSE genoteer sal bly. Die nuwe maatskappy, steeds net as NewCo bekend, gaan ook ’n sekondêre notering op die JSE hê.

Die sterk bewoorde veldtog teen Naspers se besluit – wat eintlik reeds op 25 Maart aangekondig is – het Dinsdag begin toe die radikale party Black First Land First (BLF) ’n Twitter-veldtog #NationaliseNaspersNow begin het.

BLF verwys na Naspers as ’n “witmonopoliekapitaal-propagandamasjien” met ’n apartheidsgeskiedenis en sê die groep moet genasionaliseer word om te keer dat hy kapitaal landuit neem.

Die BLF se twiets het nog weinig reaksie uitgelok en #NationaliseNaspersNow is nie onder die gewildste hutsmerke op Twitter nie.

Die EFF, die derde grootste politieke party in die land, sê hy gaan “onmiddellik” aan die tesourie, GEPF en Openbare Beleggingskorporasie (OBK) skryf om te eis dat Suid-Afrikaanse spaargeld nie aan Naspers blootgestel moet wees nie.

Onder die redes wat die EFF aanvoer, is dat hy dink dis ’n “gevaar” as beleggers “blootgestel” is “aan ’n maatskappy wat nie onder Suid-Afrika se regulerende raamwerk” is nie, en as pensioenfondsgeld “op wêreldkapitaalmarkte gedobbel word”.

“Naspers moenie toegelaat word om werkers se pensioenfondsgeld aan wêreldkapitaalmarkte bloot te stel nie omdat die ineenstorting van Steinhoff bewys het dat dié markte nie vertrou kan word nie,” skryf die EFF in sy verklaring.

Die EFF sê ook: “Dis nou duidelik dat Suid-Afrika se witkapitaal-establishment nie daarin belang stel om plaaslike groei te bevorder nie, en net behep is met winsbejag, wat pensioenfondse en spaargeld aan uitwissing blootstel.

“Naspers se beoogde vertrek is ’n bewys dat kapitaliste nooit patrioties sal wees nie, en dat hulle nie vennote is in die pogings om die ekonomie te groei en werk te skep nie.”

Naspers het Woensdag sy refrein herhaal dat hy hom nié aan Suid-Afrika onttrek nie, maar aanhou belê in sy plaaslike ondernemings en in nuwe tegnologie-ondernemings. Die maatskappy het geen kommentaar gelewer op BLF se omstrede uitlatings wat Naspers met “gronddiewe” en rassisme assosieer nie.

Die EFF hemel die Chinese regering op vir die eienaarskap en beheer van groot korporasies.

Meer oor:  Naspers  |  Maatskappye  |  Nasionalisering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.