Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Nóg ’n terugslag vir Blue Label, Cell C
Cell C gaan gebuk onder berge skuld.

Die JSE het Dinsdag aangekondig Blue Label Telecoms kry nou wéér die RE-etiket agter sy naam om aan te dui sy volledige jaarverslag is laat.

Dié telekommunikasiegroep is reeds in September op die vingers getik omdat hy sy resultate vir die boekjaar tot einde Mei nie betyds uitgereik het nie.

Ingevolge die JSE se noteringsvereistes moet maatskappye hul resultate én volledige jaarverslae binne vier maande uitreik.

Daarna gee die JSE maatskappye nog ’n maand kans voordat hul notering opgeskort word.

Blue Label het wel op 26 September sy jaarresultate uitgereik, maar sy volledige jaarverslag en die uitslae van sy algemene jaarvergadering is nog soek.

Die RE-etiket dui aan die maatskappy is laat hiermee en loop die gevaar om opgeskort te word indien die verslag nie binnekort uitgereik word nie.

Die JSE sê in ’n verklaring hy brandmerk Blue Label “in die belang van aandeelhouers”.

LEES OOK: Cell C staan weer bakhand by MTN

Blue Label het in Augustus aangedui sy jaarstate gaan later as verwag uitgereik word omdat hy nog besig was om die waardasie van sy belegging in Cell C te bepaal.

Die telekommunikasiegroep besit ’n belang van 45% in Cell C.

Dié diensverskaffer gaan tans gebuk onder berge skuld en het in die boekjaar tot einde Mei ’n verlies van R8 miljard verklaar.

Blue Label het gevolglik sy belegging in 2015 van R5,5 miljard in Cell C effektief afgeskryf.

Cell C skuld terselfdertyd meer as R8 miljard aan verskillende krediteure, waaronder MTN by wie hy deesdae heelwat netwerkinfrastruktuur huur.

Tog bly Cell C ’n lopende saak en sal hy nog vir die afsienbare toekoms kan voortbestaan omdat hy op bedryfsvlak steeds genoeg inkomste verdien, ongeag sy skuldvlakke.

Blue Label se aandeelprys was Dinsdagoggend meer as 2% af op R2,83.

Meer oor:  Cell C  |  Blue Label Telecoms  |  Jse  |  Notering  |  Jaarverslag  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.