Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Nou kan FNB-kliënte ook Samsung Pay gebruik

Ses maande nadat dit aanvanklik in Suid-Afrika bekend gestel is, kan kliënte van FNB nou ook betalings met Samsung Pay uitvoer.

Samsung Pay is beskikbaar vir kliënte van Absa, Standard Bank en FNB. Foto: Getty Images

Dié mobiele betaalmetode was tot dusver net vir Absa- en Standard Bank-kliënte beskikbaar.

“As voorstanders van digitale innovasie is ons gereeld op soek na veilige betaalmetodes vir ons kliënte as ’n alternatief vir kontant,” sê Raj Makanjee, hoof van FNB-handel.

“Kliënte smag na die vryheid om te kan kies tussen verskeie betaalmetodes wat aanklank vind by hul digitale leefstyl.”

FNB-kliënte kan reeds met Garmin Pay en Fitbit Pay betaal.

Trouens, FNB is die enigste bank op die vasteland wat sy kliënte toelaat om kontaklose betalings met ’n Android-toestel te doen danksy die FNB-bankapp.

Dié diens word wel vir nou slegs deur ’n handvol Android-slimfone ondersteun.

Samsung Pay is ook net beskikbaar op die jongste Samsung-fone, insluitend die Galaxy Note 9, Galaxy S10, Galaxy S9 en S8, sowel as die Galaxy A8 en ander.

Al wat nodig is om betalings met Samsung Pay te doen is om jou gekoppelde FNB-rekening aan jou bestaande Samsung-rekening te koppel.

Betalings word met ’n vingerafdruk of ’n skandering van jou iris beskerm.

Krediet- of debietkaarte van Mastercard of Visa kan gebruik word.

Jy betaal by enige betaalpunt deur eenvoudig jou foon naby die kaartmasjien te bring. Dit is nie nodig om lugtyd of data op jou foon te hê om Samsung Pay te gebruik nie.

Uit Suid-Afrika se grootste handelsbanke is Samsung Pay nog nie beskikbaar vir Nedbank-, Capitec en Investec-kliënte nie.

Meer oor:  Fnb  |  Samsung  |  Samsung Pay  |  Slimfone  |  Tegnologie  |  Digitale Bankdienste  |  Digitale Geld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.