Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Nuwe 111-noodnommer werk nog nie

Die nuwe 111-noodnommer vir Suid-Afrikaners wat mediese advies oor die Covid-19-virussiekte wil bekom, is nog nie in werking nie.

Die nuwe 111-noodlyn is nog nie geaktiveer nie. Foto: Unsplash

Die Onafhanklike Kommunikasieowerheid (Okosa) het Woensdag gelas dat alle diensverskaffers oproepe na hierdie nommer gratis moet maak vir solank die nasionale ramptoestand geld, en nog vir drie maande daarna.

Die nuwe regulasie is in die Staatskoerant afgekondig.

Diensverskaffers het egter Vrydag by navraag laat weet dat Okosa hulle nog nie ingelig het waarheen die oproepe aan 111 herlei moet word nie.

MTN en Cell C het aangedui hulle is “bewus van die nuwe regulasie”, maar dat dit nog nie geïmplementeer is nie omdat hulle op bykomende inligting van die departement van kommunikasie en digitale dienste wag.

“Sodra ons weet waarheen die oproepe herlei moet word, sal ons die nodige veranderinge aanbring,” sê ’n woordvoerder van MTN.

Nios bedryf reeds sedert die begin van die pandemie ’n inbelsentrum waar Suid-Afrikaners meer inligting oor die virussiekte kan bekom.

Die vermoede is dus dat die 111-nommer uiteindelik oproepe na hierdie inbelsentrum sal herlei, maar dit is nog nie deur die departement bevestig nie.

Suid-Afrikaners wat intussen meer inligting oor Covid-19 benodig, kan Nios se inbelsentrum gratis by 0800 029 999 skakel.

Inligting kan ook verkry word deur die woord “hi” aan 0600 123 456 te WhatsApp.

Ander noodnommers vir inligting oor die koronavirus is op die departement van gesondheid se amptelike webblad beskikbaar.

Meer oor:  Noodnommers  |  Selfoondienste  |  Diensverskaffers  |  Covid-19  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.