Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Nuwe app wil boere help
Vrugteboere kan baatvind by Khula.Foto: Unsplash

Twee plaaslike entrepreneurs het koppe bymekaar gesit en ’n app ontwikkel waarmee klein- en kommersiële boere maklik hul opbrengs aan ondernemings of markte kan smous.

Khula, Zoeloe vir “groei”, is soos Airbnb, maar net vir vrugte.

Karidas Tshintsholo en Matthew Piper, albei voormalige studente aan die Universiteit van Kaapstad, het Khula saam met Leeko Makoene begin nadat die idee by Tshintsholo tydens ’n besoek aan Israel opgekom het.

“Dit was nogal skokkend om te sien hoe ’n klein land soos Israel soveel gewasse kan lewer, al is dit basies ’n woestyn,” sê Tshintsholo.

Suid-Afrika, met sy oorvloed landbougrond en gewillige boere, kon tog seker beter vaar as ’n klein, dorre landjie in die Midde-Ooste wat opbrengs betref.

Dis toe dat Tshintsholo en Piper met die idee vir Khula vorendag kom. Die app verbind boere met formele markte en maak dit dus makliker om met vars groente en vrugte te smous.

Dit dien enersyds as ’n platform vir hierdie boere om hul opbrengs ten toon te stel, maar andersyds help dit ook markte om nuwe verskaffers op te spoor.

Die app is vir eers net in Suid-Afrika beskikbaar, maar daar is reeds planne om dit na die res van Afrika te neem, sê Tshintsholo.

Khulu kan voorlopig net gebruik word om vrugte en groente te smous. Stuks vee sal stelselmatig bygevoeg word, sê Tshintsholo.

Dié entrepreneurs het tot dusver die hele projek self befonds. Khula is in 2018 met MTN se prys vir besigheidsapp van die jaar beloon.

Befondsing is sedertdien van een van Suid-Afrika se grootste handelsbanke bekom sowel as ’n beleggingsfonds, hoewel Tshintsholo vir eers nie meer daaroor wil sê nie.

Khula is reeds in Google se Play-winkel beskikbaar en enige boer kan sy of haar opbrengs daarop adverteer.

Meer as 3 000 boere lys reeds hul groente en vrugte daarop.

Meer oor:  Boerdery  |  Boere  |  App  |  Tegnologie  |  Vrugtebedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.