Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Nuwe detail oor Bank Zero verklap
Michael Jordaan, oudhoof van FNB, is die voorsitter en medestigter van Bank Zero. Foto: Verskaf

Bank Zero, een van Suid-Afrika se nuutste banke, beplan steeds om sy digitale deure in die tweede helfte van die jaar te open.

Dr. Michael Jordaan, voorsitter en medestigter van dié bank, het Woensdag op Twitter gesê Bank Zero is nou volledig geïntegreer met die land se nasionale betaalstelsel.

Dit beteken dat die bank reeds elektroniese geldoorplasings kan voltrek.

Bank Zero se stelsels word reeds die afgelope maande intern deur sy personeel getoets om enige haakplekke uit te wys.

Volgens Jordaan gaan Bank Zero nou oor in sogenaamde beta-toetsing, wat beteken dit word nou deur van die bank se bedoelde kliënte getoets.

Terselfdertyd het Jordaan van Bank Zero se beplande funksies verklap, insluitende dat gebruikers se kaartnommer nooit sal verander nie, ongeag of ’n nuwe kaart uitgereik word.

“Dit beteken jy sal nie elke keer jou bankbesonderhede op Uber of Netflix hoef te verander nie.”

Die bank sal ook ongemagtigde debietorders gratis bespeur en stop.

Buiten vir beta-toetsing van sy stelsels, gaan Bank Zero ook in die komende weke sy “gepatenteerde bankkaart” integreer.

Jordaan het nie uitgewei op wat die bank se kaarte spesiaal maak nie. Die bank het wel ’n ooreenkoms met IBM en Mastercard gesluit en saam ’n “nuwegenerasiekaart” ontwikkel wat bykomende sekuriteit bied.

Bank Zero gaan geen takke of internetbankdienste hê nie. Alle banksake gaan met die bank se app afgehandel word.

Diegene wat graag deel wil wees van die eerste groep wat Bank Zero toets, kan ’n e-pos na info@bankzero.co.za stuur.

Meer oor:  Bank Zero  |  Michael Jordaan  |  Bankbedryf  |  Tegnologie  |  Bankwese
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.