Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Nuwe Huawei-fone gaan dié kaarte gebruik

Huawei het ’n ooreenkoms met die Nederlandse karteringsmaatskappy TomTom aangegaan waarvolgens hy TomTom se navigasiestelsels op sy toekomstige slimfone sal gebruik.

Die Chinese vervaardiger van slimfone en ander tegnologie is gedwing om sy eie bedryfstelsel te ontwikkel nadat hy in 2019 deur pres. Donald Trump van Amerika se administrasie in effek verbied is om met Amerikaanse ondernemings sake te doen.

Die verbod beteken Huawei mag nie meer Google se apps en dienste soos Google Maps en YouTube op sy slimfone insluit nie.

LEES OOK: Huawei bevestig einde van Google-diens op sy fone

Die ooreenkoms met TomTom beteken dat Huawei nou dié Nederlandse maatskappy se kaarte, verkeersinligting en navigasieprogrammatuur kan gebruik om apps vir sy slimfone te ontwikkel.

Remco Meerstra, woordvoerder van TomTom, sê die ooreenkoms is reeds ’n geruime tyd gelede gesluit, maar is nog nie deur die maatskappy aangekondig nie. Hy wou nie verder uitbrei oor wat die ooreenkoms behels nie.

TomTom is besig om weg te beweeg van die verkoop van navigasietoestelle tot ’n onderneming wat programmatuur ontwikkel en verkoop.

Huawei se nuwe vlagskipfoon, die P40 en P40 Pro, word na verwagting in Maart uitgereik.

Siende dat die verbod op die gebruik van Google se dienste reeds geld, is die kans goed dat dit TomTom se navigasieprogrammatuur se bevat. - Reuters

Meer oor:  Tomtom  |  Huawei  |  Slimfoon  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.