SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Tegnuus
Nuwe Netflix-funksie maak kykers briesend
Netflix is die wêreld se grootste stromingsdiens. Foto: Unsplash

Kunstenaars en rolprentvervaardigers is behoorlik die josie in vir Netflix.

Die wêreld se grootste stromingsdiens toets ’n nuwe funksie waarvolgens kykers die spoed waarteen hulle ’n program kyk, kan versnel.

Net soos kykers kan kies in watter taal hulle na ’n program wil kyk, laat die funksie hulle toe om te bepaal hoe vinnig of hoe stadig die beeld beweeg.

Sou ’n kyker dus kies dat ’n program teen een en ’n half keer die gewone spoed beweeg, kan hy heelwat meer kykstof in ’n korter tydperk inpas.

Die bekende rolprentregisseur Judd Apatow van Knocked Up-faam beskou dit as “belaglik en beledigend” dat Netflix hierdie funksie wil instel.

Apatow is ook die skepper van die Netflix-reeks Love.

Brad Bird, die regisseur van verskeie animasierolprente soos The Incredibles en Ratatouille, beskou dit as ’n “ongelooflike slegte idee”.

In ’n twiet sê Bird dit gaan afbreuk maak aan kykers se ervaring sowel as rolprentvervaardigers se visie.

Die akteur Aaron Paul, wat te sien is in ’n opvolgrolprent van die gewilde televisiereeks Breaking Bad, het sê Netflix het nou die mag om kunstenaars se werk te “verwoes”.

Die stromingsdiens het kort voor lank ’n verklaring uitgereik en gesê hy “toets gereeld nuwe funksies om Netflix te verbeter”.

“Hierdie jongste funksie het baie reaksie – positief sowel as negatief – ontlok. Die funksie word net op slimfone getoets en gee kykers die kans om te kies teen watter spoed hulle programme wil kyk.

“Die funksie is reeds lank op DVD-spelers beskikbaar en verskeie Netflix-kykers het al daarna gevra.”

Volgens Netflix is die funksie ideaal vir ’n kyker wat vinnig weer na sy gunstelingtoneel in ’n rolprent of reeks wil kyk, of ander kykers wat ’n rolprent in ’n vreemde taal stadiger wil kyk.

Netflix toets die funksie op sommige Android-toestelle en daar is nog geen definitiewe aanduiding dat dit ’n permanente instelling gaan word nie.

Meer oor:  Netflix  |  Televisie  |  Vermaak  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.