Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Nuwe Oppo-foon laai 100% binne net 35 minute

’n Nuwe Chinese slimfoonvervaardiger, Oppo, het op die toneel verskyn en hy spog met ’n foon wat jou binne vyf minute vier ure se krag kan gee.

Die Oppo Reno5 5G Foto: Oppo

Oppo het die Reno5 5G bekend gestel. Dis een van sy beste fone nadat hy reeds die meer bekostigbare Oppo A15, A53, en A72 in September 2020 beskikbaar gestel het.

Afgesien van 5G-konnektiwiteit (wat Suid-Afrikaners ongelukkig nog nie kan benut nie) spog die Reno5-model met die meeste funksies wat jy van ’n moderne slimfoon verwag. Tog is een van die beste dinge van die foon sy vinnige laaivermoë en ’n kragtige agterste kamerastelsel.

Battery

Oppo se 65W Super-Vooc-tegnologie help om die foon blitsvinnig te laai.

Dit sorg vir ’n volle lading van sy 4.300 mAh-battery van ongeveer 0% tot 100% binne sowat 35 minute – die vinnigste laaityd van enige slimfoon in die mark.

Volgens GSM Arena sal ’n Samsung Galaxy S21 in dieselfde tyd slegs sowat 40% gelaai wees.

Kamera

Die foon se fotografie word aangedryf deur ’n vier-kamera-instelling, wat bestaan uit ’n 64 MP- wyehoeklens en 8 MP- ultrawye sensor, sowel as ’n 2 MP makro- en 2 MP diepte-kamera, terwyl die voorste selfie-kamera 32 MP is.

Die stelsel ondersteun video met dubbele aansig, wat gebruikers in staat stel om gelyktydig met die voorste en agterste kamera op te neem.

Vir biometriese verifikasie het dit ’n vingerafdrukleser op die skerm.

Skerm

Die Reno5 5G bied ’n 90 Hz-OLED-skerm van 6,4 duim (16,33 cm).

Die foon kom in Galactic Silver of Starry Black, wat albei ’n kleurveranderende “diamant”-afwerking het wat die kleredrag en die omgewing van die gebruiker weerspieël.

Verwerker

Vir prestasie bevat die slimfoon ’n Qualcomm Snapdragon 765G-verwerker met 8 GB of 12 GB RAM, afhangende van die stooropsie. Gebruikers kan tussen ’n 128 GB- en 256 GB-model kies.

Prys en beskikbaarheid

Die Oppo Reno5 5G is nou vanaf R14 999 by MTN en Vodacom te koop.

Gebruikers kry ’n herlaaikabel en ’n herlaaiblok asook ’n paar oorfone in die boks.

Google

Anders as Huawei se nuwe slimfone word die Oppo wel met Google-apps, insluitend die Play Store, bemark.

Meer oor:  Oppo  |  Selfoon  |  Slimfoon  |  Slimfone  |  Tegnologie  |  5G
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.