Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Nuwe selfoon-vervaardiger betree SA mark
Vivo se Y11-slimfoon is nou in Suid-Afrika beskikbaar.Foto: Vivo

Vivo, een van die wêreld se grootste selfoonmaatskappye, het in Suid-Afrika begin sake doen.

Dié Chinese selfoonvervaardiger het meer as 200 miljoen gebruikers, hoofsaaklik in China en Suidoos-Asië.

Die maatskappy betree die Suid-Afrikaanse mark met twee modelle van sy Y-reeks, die Y11 en die Y91C.

Hawa Hyath, bemarkingsbestuurder vir Vivo in Suid-Afrika, beskryf die toestelle as “alles behalwe intreevlak”, hoewel die fone se pryse anders aandui.

Die Y11 kos R2 699 terwyl die Y91C R1 899 kos.

Albei toestelle beskik oor 32 gigagrepe ingeboude stoorplek en ’n ruim battery wat “beslis twee dae, selfs langer,” hou.

Vivo betree ’n reeds versadigde plaaslike selfoonmark wat deur Huawei en Samsung oorheers word.

Apple se iPhone is ook gewild in Suid-Afrika, die enigste land op die vasteland waar dié fone regstreeks bemark word.

Vivo het nog nie toestelle beskikbaar gestel vir joernaliste om ’n resensie daaroor te doen nie. Joernaliste in Kaapstad en Johannesburg is wel vandeesweek toegelaat om daarmee te werk tydens ’n klein bekendstellingsgeleentheid.

Volgens Hyath beplan Vivo om vroeg in 2020 nog van sy jongste vlagskipmodelle na Suid-Afrika te bring, insluitende die Vivo Nex.

Die Vivo Y11 en Y91C is van 7 Desember af beskikbaar by Vodacom en ander handelaars op kontrak sowel as kontant.

SA se selfoonmark

Volgens StatCounter, ’n internasionale marknavorser, is Samsung die markleier in Suid-Afrika.

Teen die einde van November vanjaar was bykans 45% van selfone ’n Samsung, gevolg deur Huawei wat ’n markaandeel van om en by 27% het.

Apple se markaandeel is net meer as 13% gevolg deur kleiner vervaardigers soos Sony, Hisense, Xiaomi en LG.

Meer oor:  Vivo  |  Tegnologie  |  Selfoon  |  Slimfoon  |  Selfoonmaatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.