Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Nuwe soort simkaart dalk gou in SA
Vodacom en MTN beplan om eersdaags e-simkaarte in Suid-Afrika te laat werk. Foto: Publicdomainpictures

Die nuwe iPhone wat vandeesweek bekend gestel is, sal die eerste iPhone wees wat gebruikers toelaat om twee simkaarte te gebruik.

Wel, soort van.

Tegnies sal daar steeds net plek wees vir een fisieke simkaart, maar met die bykomende funksionaliteit van ’n sogenaamde e-simkaart.

’n E-simkaart is ’n simkaart wat in ’n slimfoon ingebou word en nie verwyder kan word nie.

Dié tipe simkaart moet deur ’n diensverskaffer geaktiveer word, maar tans bied nie een van Suid-Afrika se grootste selfoonnetwerke dié funksionaliteit nie.

Trouens, e-simkaarte werk net in nege lande, waaronder Oostenryk, Kanada, Duitsland, Indië en Amerika.

Ná die bekendstelling van die iPhone XS en XS Max (wat albei die e-sim-funksionaliteit gaan bied) het Vodacom en MTN aangekondig dat hulle daaraan werk om “binnekort” dié funksionaliteit plaaslik beskikbaar te stel.

“MTN werk saam met Apple om e-simkaarte aan sy kliënte beskikbaar te stel,” sê ’n woordvoerder van MTN.

Op sy beurt sê Vodacom hy werk saam met “verskeie verskaffers” van toestelle met die e-sim-funksionaliteit en sal dit “op die gepaste tyd” plaaslik beskikbaar stel.

E-simkaarte word ook in koordlose toestelle soos die Apple Watch Series 3 en die nuwe Series 4 gebruik wat dit in staat stel om boodskappe en oproepe te kan maak, selfs al is die eienaar se slimfoon nie naby nie.

Meer oor:  Apple  |  Diensverskaffer  |  Iphone  |  Tegnologie  |  Esimkaart  |  Selfone  |  Simkaarte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.