Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Nuwe sosiale netwerk vir ‘regte vriende’ begin

Is HalloApp die nuwe sosiale netwerk om dinge weer te normaliseer?

Die twee voormalige werknemers van WhatsApp wat die app ontwikkel het, hoop wel so.

Volgens die stigters is die HalloApp ’n private sosiale netwerk. Foto: HalloApp

HalloApp verskil van ander sosiale netwerke omdat Hallo ’n private sosiale netwerk is. Dit beteken geen advertensies nie en jy sien net dít wat vriende en familielede met mekaar deel.

Verbruikers kon reeds Maandag die app van Apple se App Store en Google se Play Store aflaai.

Volgens The Verge is daar baie ooreenkomste tussen HalloApp en WhatsApp:

  • Albei is ontwerp vir groeps- of individuele geselsies met goeie vriende en familie;
  • Die enigste manier om persone by ’n groep te voeg is as jy hul selfoonnommer ken;
  • Die boodskappe is geënkripteer; en
  • Daar is geen advertensies nie.

Dit is natuurlik nie die eerste of laaste mededinger vir Facebook, WhatsApp en ander kletsdienste nie, maar die aansien van die twee medestigters, Neeraj Arora en Michael Donohue, laat mense wonder of dié een sukses gaan behaal.

Hulle het albei by WhatsApp gewerk voordat en nadat Facebook dit vir $22 miljard gekoop het.

HalloApp is opgedeel in vier dele: ’n tuisstroom van stories van vriende, groepsgeselsies, individuele geselsies en instellings. Daar is geen algoritmes wat bepaal wat jy eerste sien op grond van die inskrywings waarop jy reageer nie.

Arora het die filosofie agter HalloApp Maandag in die maatskappy se blog uiteengesit.

Hy sê mense sensureer hulself op sosiale media uit vrees vir kritiek – dinge wat hulle persoonlik vir jou sou sê, word weerhou. Tradisionele sosiale media word as “digitale winkelsentrums” gekritiseer, of as “die sigaret van die 21ste eeu” – “hoe meer ons inasem, hoe sieker word ons”.

“Verbeel jou dat jou vriende aanlyn jou regte vriende was. Verbeel jou dat jou stroom nie vol mense en stories is waarvoor jy nie omgee nie. Verbeel jou ’n algoritme bepaal nie wat jy moet sien voordat jy deur betekenisvolle oomblikke blaai en sien wat jy wil sien nie. Verbeel jou dat jy nie soos ’n produk behandel word nie,” skryf Arora.

Die app vorder geen liggingsinligting van sy gebruikers in nie.

Meer oor:  Whatsapp  |  Sosiale Netwerke  |  Facebook  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.