Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Nuwe tegnologie keer trolle op internet
Google bied nuwe tegnologie om giftige kommentaar aanlyn te keer. Foto: Getty Images

’n Filiaal van Google het programmatuur ontwerp om die verspreiding van bitsige kommentaar op die internet hok te slaan.

Jigsaw, deel van die Google-familie, het vandeesweek aangekondig hy stel Tune bekend, ’n uitbreiding van Google se Chrome-webblaaier wat ongewenste kommentaar keer.

Tune sal gebruikers die vermoë gee om te kan kies watter tipe kommentaar hulle wil sien, op sosiale media sowel as elders op die internet.

In ’n inskrywing op sy blog argumenteer Jigsaw dat die internet ’n giftige plek geword het vir konstruktiewe kommentaar oor sake van die dag.

“Terwyl ons die kommentaar (onder aan ’n nuusartikel of sosiale media plasing) lees, kan een onsmaaklike inskrywing maak dat al die ander waardevolle gedagtes verdoesel word.

“Mense is geneig om nie aan gesprekke deel te neem nie, juis uit vrees dat hul bydrae deur hierdie toksiese en gemene kommentaar uitgedoof gaan word.”

Volgens navorsing deur die Pew Research Center neem byna 30% van Amerikaners nie aan aanlyn gesprekke deel nie juis omdat hulle bang is hulle word deur internettrolle aangeval.

Mense is geneig om nie aan gesprekke deel te neem nie, juis uit vrees dat hul bydrae deur hierdie toksiese en gemene kommentaar uitgedoof gaan word.

Tune gaan kunsmatige intelligensie en algoritmes gebruik om toksiese kommentaar volgens die gebruiker se voorkeur te keer. Daar is verskillende vlakke waarvolgens kommentaar afgesper word, van die sogenaamde “zen”-opsie wat alle kommentaar keer tot ’n opsie wat alle kommentaar wys, selfs die wat wemel van haatspraak.

Jigsaw waarsku wel dat die tegnologie wat Tune gebruik vir nou nog eksperimenteel is en dat dit met verloop van tyd sal verbeter om slegte kommentaar met meer akkuraatheid te bespeur en te keer.

Daar word nie melding gemaak oor of Tune net kommentaar in Engels kan monitor nie.

“Sien dit eerder as ’n eksperiment om te wys hoe masjienleertegnologie nuwe maniere kan skep om mense te bemagtig terwyl hulle kommentaar aanlyn lees.”

Tune is by magte om kommentaar op ’n verskeidenheid platforms, insluitend YouTube, Facebook, Twitter, Reddit en Disqus (wat Netwerk24 ook gebruik), te monitor en toksiese inskrywings te keer.

Dit is net beskikbaar as ’n toevoegsel tot Chrome en kan hier afgelaai word.

Meer oor:  Google  |  Jigsaw  |  Aanlyn  |  Tegnologie  |  Internet  |  Kommentaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.