Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Nuwe tegnologie ‘maak korrupsie onmoontlik’

Amper alle vorms van korrupsie vereis dat dokumente iewers langs die pad vervals of onwettig gewysig word.

iPlate
iPlate se digsig maak van ’n QR-kode gebruik om die egtheid van dokumente te bevestig. Foto: ISTOCK

As jy dus die egtheid van dokumente kan beskerm, kan jy ’n slag teen korrupsie slaan.

Dit is presies wat die Suid-Afrikaanse maatskappy iPlate beoog deur dokumente vas te lê deur middel van ’n QR-kode.

Sy sogenaamde digsig (digital signature) lê die oorspronklike dokument vas deur middel van ’n QR-kode wat op die papierdokument gebosseleer is, of op ’n elektroniese dokument gekodeer is.

Die digsig verseker die egtheid van die inligting deur dit digitaal vas te lê, waardeur die oorspronklike inligting beskerm word en dit onmoontlik gemaak word vir enigiemand om belangrike dokumente te wysig of te vervals vir misdadige doeleindes,” sê iPlate in ’n verklaring.

“Mense plaas steeds baie vertroue in papierdokumente as bewys van egtheid. In dié tyd van kunsmatige intelligensie en die vierde nywerheidsrevolusie bestee maatskappye miljarde aan kubersekuriteit, maar gebruik steeds ’n rubberstempel om belangrike dokumente soos bankstate, akademiese kwalifikasies en betalingsbewyse se egtheid te bevestig,” sê Dev Naicker, uitvoerende hoof van iPlate.

“Maar daar kan maklik gepeuter word met gedrukte dokumente en dit is waar korrupsie op ’n wêreldwye vlak plaasvind. Dit is die skuiwergat wat baie bedrieërs gebruik om die stelsel te omseil.

“Dit is moeilik om die morele kern van ’n korrupte persoon te verander. Maar dit is maklik om dit vir hulle moeiliker te maak om hul korrupte bedrywighede te pleeg,” sê Naicker.

Meer oor:  Iplate  |  Qr-Kode  |  Vervalsing  |  Korrupsie  |  Dokumente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.