Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Nuwe televisiediens in SA beskikbaar
GOtv se dekodeerder kos R699.

Nadat Suid-Afrika vir lank met die omskakeling na digitale televisie-uitsendings gesloer het, het M-Net Woensdag sy nuwe digitale antenne-televisiediens in Suid-Afrika, GOtv, bekend stel.

Op 1 Februarie 2016 is analoog televisie-uitsendings in Suid-Afrika met digitale uitsendings vervang nadat die land die sperdatum van Junie 2015 vir die omskakeling na digitale uitsendings wat deur die internasionale telekommunikasie-unie (ITU) gestel is, misgeloop het.

GOtv is ’n “groot stap vorentoe vir plaaslike televisie en ons bekendstelling van GOtv is in ooreenstemming met die regering se proses van digitale migrasie in Suid-Afrika,” sê Yolisa Phahle, uitvoerende hoof van M-Net.

M-Net was al ’n geruime tyd gereed om GOtv bekend te stel, maar moes eers wag vir die digitale omskakelingsproses.

GOtv, wat R99 per maand sal kos vir 12 kanale, is reeds in tien ander Afrika-lande beskikbaar.

Die kanale sluit vier algemene vermaakkanale, twee musiekkanale, twee kanale vir kinders, twee sportkanale, een leefstylkanaal en een kanaal met geestelike inhoud in.

Kyk só of jy in GOtv se dekkingsgebied is:
Skakel *120*468872# op jou selfoon of besoek gotv.co.za.

Tsabiso Letsoela, algemene bestuurder van GOtv Suid-Afrika sê die diens gaan aan baie Suid-Afrikaners, wat tans analoog na televisie kyk, die geleentheid gee om “televisie van digitale kwaliteit teen ’n bekostigbare prys te ervaar”.

GOtv maak gebruik van digitale netwerktorings, soortgelyk aan dié wat selfoonmaatskappy gebruik, en verbruikers moet bepaal of hulle binne die gebiede val wat dekking geniet.

Volgens Letsoela is al die groot stede in Suid-Afrika tans binne die dekkingsgebied. Dit sluit Johannesburg, Pretoria, Kaapstad, Bloemfontein, Durban, Port Elizabeth en omliggende gebiede in.

Die dekodeerder kos R699 en die antenne wat M-Net aanbeveel – die “GOtenna” – kos R299.

Die eerste maand van die normale pakket is gratis.

Die goedkoper weergawe – Gotv Lite – sal R45 elke drie maande kos en het twee kanale – Mzansi Music en Dumisa, ’n kanaal met geestelike inhoud.

Met die dekodeerder sal intekenare ook na die SAUK-kanale en e.tv kan kyk, en hulle sal gratis na radiostasies kan luister.

Die kanale beskikbaar op GOtv
  • M-Net Movies Zone

  • Africa Magic Epic
  • Mzansi Bioskop
  • Mzansi Wethu
  • TLC Entertainment
  • SuperSport Blitz
  • SuperSport Select
  • Disney Junior
  • Nick Toons
  • Mzansi Music
  • Channel O
  • Dumisa

Huidige analoog kliënte van M-Net

Dié kykers sal in ’n latere stadium moet omskakel na digitale televisie, maar M-Net sê hulle hoef nie nou enigiets te doen nie. Dit is omdat die analoog seine en die digitale seine tans terselfdertyd werk. Voordat elke provinsie hul analoog seine afskakel, sal M-Net sy analoog kliënte kontak om hulle te help met die omskakelingsproses, sê die maatskappy.

* Netwerk24 is deel van Media24, ’n filiaal van Naspers, wat ook vir Multichoice besit

Meer oor:  Dstv  |  Gotv  |  M-Net  |  Multichoice  |  Televisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.