Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Nuwe ‘Thrones’ reeds deur meer as 55 m. geroofkyk

Meer as 17,4 miljoen mense in Amerika het Sondagaand regstreeks ingeskakel vir die eerste episode van Game of Thrones se laaste seisoen.

Nog meer mense het dit later op stromingsdienste of hul PVR-toestelle geniet.

Maar dié totale syfer is skaars die helfte van die massiewe getal mense wat dieselfde episode binne net 24 uur onwettig van die internet afgelaai het.

Die premierepisode van die agtste seisoen van dié trefferreeks is binne ’n dag deur meer as 55 miljoen mense afgelaai, het die tegnologiemaatskappy Muso bevind.

Van dié 55 miljoen roofkykers het die meeste (byna 77%) die episode op onwettige stromingsdienste gekyk. 12% het dit onwettig afgelaai binne ’n webblaaier en 11% het dit met ’n Torrent-bediener in die hande gekry.

Game of Thrones is sedert sy derde seisoen nog elke jaar die televisieprogram wat die meeste geroofkyk is.

In ’n stadium het meer as 400 000 mense die laaste episode van die sewende seisoen gelyktydig met mekaar gedeel op Torrent-bedieners.

Die 55 miljoen keer wat die jongste episode afgelaai is, is egter ’n nuwe rekord.

Game of Thrones, waarvan die eerste seisoen in 2011 gewys het, is deesdae een van die gewildste televisieprogramme op aarde.

Die voorlaaste seisoen, wat in 2017 gewys het, het ’n gemiddeld van 32,8 miljoen kykers per week net vanuit Amerika gelok.

Wêreldwyd kyk byna ’n miljard mense per week na Game of Thrones.

Meer oor:  Internet  |  Televisie  |  Tegnologie  |  Game Of Thrones
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.