Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Nuwe wet verklaar ‘maklike’ wagwoorde onwettig
Nuwe wetgewing in Kalifornië wil dit vir kuberkrakers moeilik maak om wagwoorde van toestelle te raai.Foto: Getty Images

Nuwe wetgewing in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië wil die gebruik van “maklike” wagwoorde soos “admin” of “password” deur maatskappye teen 2020 verbied.

Toestelle soos Wifi-herleiers (Wifi routers) word gewoonlik geprogrammeer met ’n standaard-wagwoord wat maklik met ’n Google-soektog vasgestel kan word.

Die nuwe wet bepaal dat elke toestel ’n unieke wagwoord moet ontvang sodat dit moeiliker is om ’n kubermisdaad te pleeg.

Indien tegnologievervaardigers nie self ’n unieke wagwoord vir elke toestel wil kies nie, maak die wet ook voorsiening daarvoor dat gebruikers die wagwoord kan verander sodra die toestel die eerste keer aangeskakel word.

Wifi-herleiers benodig nie net ’n wagwoord wat die netwerk teen indringers beskerm nie, maar ook een wat die verstellings daarvan beskerm.

Laasgenoemde is gewoonlik iets maklik soos “admin” of “password” en dis juis hierdie wagwoorde wat die nuwe wet wil hê moet verander.

Ander toestelle soos webkameras en sogenaamde slimtoestelle in huise, insluitend luidsprekers of gekoppelde televisietoestelle, maak dikwels ook gebruik van wagwoorde wat maklik is om te raai en derhalwe ’n teiken vir kuberkrakers kan word.

Die nuwe wetgewing is op 28 September deur Jerry Brown, goewerneur van Kalifornië, goedgekeur en dit tree op 1 Januarie 2020 in werking.

Meer oor:  Wetgewing  |  Kuberkrakers  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.