Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Oculus Rift dalk binnekort in SA te koop
Die Oculus Rift-kopstuk, soos op die maatskappy se webwerf gedemontreer.

Binne ure sal jy ’n voorafbestelling vir die Oculus Rift kan plaas en ’n virtuele wonderwêreld vir jouself kan oopmaak.

Dié VR-kopstuk (virtual reality-kopstuk) word vanaf Vrydag in die VSA verkoop, maar voorafbestellings kan reeds van Woensdag 18:00 (Suid-Afrikaanse tyd) gedoen word.

Die plaaslike webwerf Takealot.com het aan Netwerk24 gesê hulle gaan beslis die kopstuk verkoop. Besonderhede oor wanneer dit beskikbaar sal wees of wat dit sal kos, sal binnekort bekend gemaak word.

Niemand verwag dat die Rift van virtuele winkelrakke af sal vlieg nie. Net ’n paar honderdduisend gaan na verwagting vanjaar wêreldwyd verkoop word – die mees optimistiese ontleder reken dit sal ’n miljoen eenhede haal, berig Bloomberg.

Facebook, wat Oculus in 2013 aangeskaf het, gaan boonop ’n verlies met die produk ly.

Die grootste aanhang sal vir eers onder ernstige gamers wees, hoewel veral die toerismebedryf ook al begin het om driedimensionele video’s te maak.

Matoke Tours, ’n reisagentskap wat safari’s in onder meer Uganda reël, het Woensdag aangevoer hulle het die “eerste werklike VR-reisbrosjure ter wêreld” bekend gestel. Mense kan virtueel nader kennis maak met ’n gorilla in die Bwindi-reënwoud. Jy sal Uganda ook vanuit ’n virtuele lugbalon kan ervaar.

Die VR-toer werk op Android-slimfone en verskeie VR-stelsels, onder meer die Samsung Gear of Google Cardboard.

Die Oculus-kopstuk gaan ’n stewige duik in speletjiespelers se beursies maak, het Netwerk24 voorheen berig. Die Oculus se verkoopprys is nog nie bekend nie, maar dit kan tot $400 wees. Die prys in rand is ook nog nie bekend nie.

Volgens Nvidia, wat grafiese kaarte vir rekenaars maak, is daar nog net 13 miljoen rekenaars wêreldwyd met die grafiese vermoë om VR te kan inspan.

Facebook beveel aan dat jou rekenaar toegerus is met Nvidia se GeForce 970- grafiese kaart of die AMD Radeon 290. Volgens Computer Mania in Kaapstad kos die Nvidia GeForde 970 tans R8 000; Incredible Connection het nog nie dié gevorderde grafiese kaart nie.

Jou rekenaar het ook minstens 8 GB geheue, minstens ’n Intel i5-verwerker (tot i7 is wel in Suid-Afrika beskikbaar) en twee USB 3.0-poorte nodig.

HTC se Vive en Sony se VR-kopstuk vir PlayStation word ook in 2016 bekend gestel.

Meer oor:  Takealot.Com  |  Facebook
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.