Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Oefen-oefen maak hulle miljoene op sosiale media

Die wêreld se 100 gewildste “beïnvloeders” oor gesondheid en fiksheid, oftewel fiksheidsghoeroes, het die Covid-19-pandemie aangegryp en via sosiale media geld soos bossies gemaak.

  

Simeon Panda is boaan die lys van die 100 rykste fiksheidsghoeroes. Hy verdien meer as $17 miljoen per jaar uit plasings op sosiale media. Foto: Instagram

’n Indeks wat deur Currys PC World opgestel is, lys die top-100-fiksheidspesialiste volgens die gemiddelde aantal mense wat na hul plasings op sosiale media kyk.

Hoe meer volgelinge en interaksie die ghoeroes se profiele kry, hoe groter hul inkomste uit borgskappe en advertensies van handelsmerke.

Interaksie deur volgelinge speel ’n groot rol, want só word die beïnvloeders se invloed op hul volgelinge gemeet.

Sosiale media word toenemend deur hierdie mense ingespan om gratis fiksheidsklasse te gee, asook advies oor dieet, lewenstyl en gesondheid. Die inperkings weens die pandemie, wat baie gimnasiums genoop het om hul deure te sluit, het veral vir hierdie mense kans gegee om fiksheids- en gesondheidsghoeroes op sosiale media te word, aldus die navorsing.

Die meeste van die 100 mense wat die lys gehaal het, maak hul fortuin op Instagram, TikTok en YouTube.

k

Die fiksheidsghoeroe en liggaamsbouer Simeon Panda verdien volgens die indeks die meeste geld uit sosiale media. Hy verdien $17,5 miljoen ’n jaar met sosiale media, gemeet aan koste per indrukke.

Pamela Reif verdien weer die meeste per sosialemediaplasing. Sy verdien gemiddeld $38 723 per plasing.

Chloe Ting het so ampertjies 20 miljoen volgelinge op YouTube, Instagram en TikTok. Sy is ook die fiksheidsghoeroe met die meeste intekenare op YouTube (16,5 miljoen). Sy deel gesonde resepte en video’s van fiksheidsoefeninge.

(Die gewilde Sweedse YouTuber PewDiePie, wat kommentaar lewer oor videospeletjies, het onlangs 107 miljoen intekenare op sy YouTube-kanaal gehad.)

Kyk hier na een van haar oefeninge:

Hoe verskil Instagram, YouTube, TikTok?

Op Instagram is plasings oor gesonde kos en fiksheid die gewildste. Foto’s van die beïnvloeders wat hul lywe ten toon stel, word veral hier geplaas, asook kort videobrokkies van oefeninge en resepte. Die platform wys ook meer van die alledaagse lewe van die beïnvloeders.

YouTube se plasings is langer en gee so ’n bietjie meer agtergrond en diepte. Hier word volledige oefeninge geplaas, raad gegee en resepte gedeel.

TikTok, die nuutste van die drie platforms, het skerp in gewildheid gegroei. Dit het veral in 2020 baie gewild geraak onder sosialemediagebruikers en die platform het sowat 1 miljard aktiewe maandelikse gebruikers, waarvan 41% tussen 16 en 24 jaar oud is.

k

Die fiksheids-TikTokkers plaas prettige, kort en kragtige demonstrasievideo’s wat raad gee oor eetgewoontes en fiksheidsuitdagings.

Van die top-beïnvloeders op TikTok kan tot tussen $50 000 en $150 000 verdien met ’n suksesvolle samewerkingsvennootskap met bekende handelsmerke.

Een TikTokker, Demi Bagby, vaar baie goed. Sy is gewild vir haar prettige fiksheidsoefeninge en akrobatiese vermoëns. Sy het 16,5 miljoen volgelinge op al drie die platforms, waarvan 14 miljoen op TikTok is. Klik op dié skakel vir ’n video van haar:

Meer oor:  Superrykes  |  Oefening  |  Oefenprogram  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.