Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Oeps! Walliese regering twiet pornografie
Die amptelike Twitter-blad van die Walliese regering wat die pornografiese video’s ‘gedeel’ het.Foto: Twitter

Die amptelike Twitter-blad van die Walliese regering het twee twiets wat grafiese pornografie bevat die kuberruim ingestuur.

Albei twiets is oorspronklik deur ’n ander blad gedeel waarna die Twitter-blad van die Walliese regering dit hertwiet het.

Albei twiets het ’n grafiese video van ’n seksuele aard bevat. Die twiets is gou verwyder.

’n Amptenaar het aan die BBC gesê die blad het deurgeloop onder ’n “kuberaanval” maar hy het nie meer besonderhede verskaf nie.

Volgens die amptenaar is die twiets nie per ongeluk deur iemand op die Walliese regering se kommunikasiespan gedeel nie.

LEES OOK: Het jy al pornografie aanlyn gekyk? Lees dan hier

Die Walliese regering het om verskoning gevra op sy Twitter-blad en ook getwiet “ons is vol vertroue die saak is nou opgelos”.

Een van die eksplisiete twiets het kykers gevra om ’n punt toe te ken aan die meegaande video. Die skrywer van die twiet belowe dat almal wat ’n punt toeken ’n “spesiale geskenk” in ’n private boodskap sou ontvang.

Die amptelike Twitter-blad van die Walliese regering het meer as 14 700 volgelinge.

Alan Woodward, kenner van kuberveiligheid, het die Walliese regering geloof vir sy “vinnige optrede” deurdat hy dadelik die eksplisiete video’s verwyder en om verskoning gevra het.

Meer oor:  Wallis  |  Twitter  |  Pornografie  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.